Weg!

PIET VAN STAADEN

-

van Welgelegen skryf: Ek het dié diertjie afgeneem in die Mapungubwe- nasionale park. Nadat ek ’n paar bronne geraadplee­g het, dink ek dis ’n boomdassie. Maar volgens my verwysings kom hulle nie in daardie omgewing voor nie. Kan iemand help?

LETSIE COETZEE van die Mapungubwe­nasionale park antwoord: Dankie vir die mooi foto, Piet. Dit is wel ’n geelkoldas­sie en nie ’n boomdassie nie.

Dié spesie het groot individuel­e kleurversk­ille. En daar is drie breë kleurvorme vir die verskillen­de streke waarin hulle voorkom. Die grys voorkoms met wit maag – soos op die foto – is byvoorbeel­d meer kenmerkend van die “Zimbabwe”-kleurvorm. Die wit kolle bo die oë is ook ’n kenmerk van die geelkoldas­sie, maar nie van die klip- of boomdassie nie. ’n Boomdassie het ’n wit of naaswit kol op die rug, wat nie hier die geval is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa