Weg!

Bokkie, ek wil jou (ma) hê

-

Ons het een oggend twee leeuwyfies gevolg in die Madikwe-wildreserv­aat totdat hulle op ’n trop rooibokke afgekom het. Die leeus het die bokke bekruip, maar sonder sukses. Net toe hulle die aftog wou blaas, spring ’n klein steenbok uit die bosse uit. Ná ’n paar draaie en baie stof het die leeu die bokkie gevang. Sy het die bokkie soos ’n welpie in haar bek gedra, sonder om dit dood te maak. Dit het gelyk asof die leeu die ma wou lok met die kleinding se noodkreet.

’n Paar minute later het die ma verskyn, en die leeus is agter haar aan. Sy het ontsnap, maar die kleintjie was nie so gelukkig nie.

AJ SNYMAN, Johannesbu­rg

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa