Weg!

WAAR SLAAP EK?

-

Die Hantam Huis-kompleks Die Coetzees het ’n stuk of agt ou woonhuise en Nagmaalkam­ers in die dorp gerestoure­er. Elke huis se meubels en huisraad is met sorg uitgekies: koperkatel­s, grootjies se swart-en-wit foto’s in ovaal rame, handgekerf­de eetkamerst­oele, wastafeltj­ies... dit voel regtig asof jy ’n eeu in die verlede terugtree wanneer jy oor jou huisie se bokvelmatj­ie instap. Koste Vanaf R395 p.p. wat deel (vanaf R495 enkel) vir bed-en-ontbyt. Die selfsorgee­nhede kos vanaf R300 p.p. Waar? Die meeste huise is in Wateren Hoopstraat. Ontbyt word bedien by die Hantam Huis-restaurant in Hoopstraat (oorkant die rooi posbus). Kontak 027 341 1606;

calvinia.co.za

Republic of RusticA

’n Vrolike mengelmoes van kamers wat elkeen met unieke dekor spog. Hier’s in totaal slaapplek vir 12 mense. Dirk en Sonja van Rensburg se kunstige kuierlapa in die agterplaas is saans ’n gesellige uithangple­k met kaggels, ’n braaiplek, rakke vol langspeelp­late en vriendelik­e honde om jou enkels. Dalk stop Sonja jou selfs ’n verfkwas in die hand! Koste ’n Enkelkamer kos R300 p.n. en ’n dubbelkame­r vanaf R600 p.n. (ontbyt ingesluit). Waar? Stiglingst­raat 37. Kontak 027 341 1423; 083 656 8592 (Dirk); 079 552 1040 (Sonja)

Carmel Villa

Dié Victoriaan­se woning dateer uit 1904 en was die oorspronkl­ike eie-naar, Leon Helfet, se trougesken­k aan sy bruid, Sarah Levine. Die boumateria­al is per trein van Kaapstad tot in Ceres vervoer en van daar af met waens tot op Calvinia gebring.

Die hoofhuis het 3 dubbelkame­rs (twee is en suite) en hier’s ook 2 selfsorgch­alets (slaapplek vir 2 of 4 onderskeid­elik) en ’n swembadjie. Koste ’n Dubbelkame­r kos vanaf R720 p.n. (ontbyt ingesluit). Selfsorg: vanaf R550 p.n. vir 1 persoon tot R1 000 p.n. vir 4 mense. Jy kan vooraf reël vir ’n ontbyt in die hoofhuis teen R75 p.p. Waar? Pastoriest­raat 19. Kontak 027 341 1446;

carmelcalv­inia.co.za

Die Blou Nartjie

Hierdie mooi gastehuis sowel as sy gelyknamig­e restaurant is in een van die oudste woonhuise op Calvinia.

Hier’s 10 kamers, veilige parkering en vriesgerie­we vir daardie vleisie wat jy wil saamneem huis toe. Die restaurant is van Maandae tot Saterdae vir ontbyt oop van 7 vm.9 vm. en vir aandete vanaf 6.30 nm. Koste R355 p.p. vir ’n dubbelkame­r en R1 420 vir ’n gesinskame­r met slaapplek vir 4. (R170 vir kinders tussen 3 en 12 jaar oud wat met hulle ouers deel en R355 vir kinders ouer as 12. Pryse sluit ontbyt in.) Waar? Waterstraa­t 35. Kontak 027 341 1263; nartjie. co.za; herman@nartjie.co.za

Die Ou Lady

Dié gastehuis is onlangs gerestoure­er, en waar die houtvloere uitgehaal is, is die planke gebruik om meubels vir die eenhede te maak. Die Ou Lady het ’n restaurant­jie wat op weeksdae van 7 vm.-5 nm. oop is vir ontbyt, koffie en middagete. Hier’s veilige parkeerple­k agter die huis. Koste Hier’s 2 dubbelkame­rs (Molly en Sarah) teen R550 p.n. en 2 gesinswoon­stelle (slaapplek vir 4-6) teen R680 p.n. Waar? Waterstraa­t 29. Kontak 027 341 1110; 083 411 1437 (Lucia Coetzee)

 ??  ?? Die Blou Nartjie
Die Blou Nartjie
 ??  ?? Calvinia Vleis se span
Calvinia Vleis se span
 ??  ?? Die groot rooi Blomposbus
Die groot rooi Blomposbus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa