Weg!

NUTTIGE NOMMERS

-

Calvinia Vleis Waar? Hoopstraat 38. Oop Weeksdae van 8 vm.-5.30 nm., Saterdae tot 1 nm. Kontak 027 341 1073;

slagters@telkomsa.net Mossienes Waar? Dis op die hoek van Kerk- en Waterstraa­t. Oop Weeksdae van 7 vm.5.30 nm., Saterdae tot 1 nm. Kontak 027 341 2349 Calvinia-museum Waar? Kerkstraat 44. Toegang R10 p.p. (R5 per kind) Oop Weeksdae van 8 vm.-5 nm. Kontak 027 341 1043

WAT NOG? • Calvinia is sowat 4½ uur se ry van Kaapstad af. Volg die N7 noord en draai by Vanrhynsdo­rp oos op die R27. Uit die binneland is dit die maklikste om by Matjiesfon­tein van die N1 af te draai en dan die R354 oor Sutherland te volg.

• Somertyd sê die son behoorlik tjieng en onthou jou warmwaters­ak indien jy in die winter wil kom kuier! (Gelukkig het die meeste gastehuise darem elektriese komberse en kaggels.)

• Pos vir iemand ’n brief in die rooi Blomposbus in Hoopstraat – dit kry ’n unieke blomstempe­l!

• Hier’s ’n Spar en ’n OK, ’n koöperasie, die meeste banke en ’n paar vulstasies.

• Die jaarlikse Hantam-vleisfees vind op die laaste naweek van Augustus plaas. Bespreek nou al jou verblyf vir volgende jaar – die dorp raak gou vol! Loer hier vir jou opsies: hantamvlei­sfees. com/verblyf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa