RU­BRIEK

Daar’s leeg­lê en dan is daar stoep­sit. Eers­ge­noem­de word ge­re­ken as die dui­wel se oor­kus­sing. Laas­ge­noem­de, daar­en­teen, is ’n heil­sa­me tyd­ver­dryf. WOOR­DE SOPHIA VAN TAAK SKETS F­RED MOU­TON

Weg! - - News -

Wan­neer laas het jy op ’n stoep ge­sit? Dis goed vir jou siel, skryf Sophia van Taak

Dis ’n feit, die slim ou­ens moet dit nog net em­pi­ries be­wys: Stoep­sit is nood­saak­lik vir ons ge­sond­heid. G’n won­der daar be­staan ’n boek met die naam Stoep Zen nie; “zen” ver­wys im­mers na ’n sa­me­ho­rig­heid tus­sen lig­gaam, den­ke en siel – en daar’s min din­ge wat jou he­le we­se kan laat be­ne rek soos ’n sa­li­ge mid­dag op ’n stoep.

Soms kan ’n ver­trek net te be­klem­mend wees, te be­noud of te be­dom­pig, en dan wil ’n mens uit. Maar bui­te is ook nie al­tyd die bes­te nie, want dis koud of don­ker of vol wil­de din­ge. Daar­om is ’n stoep die per­fek­te mid­de­weg – ’n ruim­te waar­heen jy kan ont­snap om ’n bie­tjie a­sem te s­kep, son­der om on­vei­lig of son­der heen­ko­me te voel.

S­toe­pe kom in al­ler­lei ge­daan­tes. ’n S­trand­huis­stoep het

ge­woon­lik ’n uit­sig, ’n in­ge­bou­de braai­plek en ge­streep­te rus­ban­ke waar­in jy kan weg­sak. ’n Ag­ter­stoep het ’n swaai, va­rings in pot­te, ’n ge­koek­te tuin­slang en ’n pa­pe­gaai in ’n hok. ’n Ka­feestoep het ’n ka­feekat, vro­li­ke sam­bre­le en ge­blom­de ta­fel­doe­ke. ’n Plaas­stoep – my guns­te­lingstoep – het ’n sink­dak met diep ska­du­wee, ou rot­tang­stoe­le en ’n nóg ou­er hond, ’n paar ys­ter­vark­pen­ne en ’n glasas­bak­kie vol ka­meel­do­ring­peu­le en pa­troon­dop­pies, die kruit­reuk nog skerp in jou neus­ga­te. En die draad­ta­fel­tjie van ’n ou tuin­stel – die een poot ’n bie­tjie mank.

Die maak nie reg­tig saak hoe ’n stoep lyk nie, hul­le al­mal laat jou die­self­de voel – wel­kom. Want ’n stoep is nie styf nie. In­teen­deel, hier kan jy jou maar net so tuis­maak soos die bou­gain­vil­le­a­bla­re wat on­der die ys­ter­ka­tel­tjie inskar­rel om daar, ver­bloem deur die mos­terd­geel de­ken se frai­ings, die skaap­hond se ver­bleik­te ten­nis­bal te trei­ter. Skop jou skoe­ne uit en gooi jou­self ’n bie­tjie skuins op daai ein­ste bed­jie, so met die de­ken se een hoek oor jy voe­te ge­trek. Nie­mand sal snaaks van jou dink nie. Want ’n stoep is soos ’n ou vriend – jul­le is ge­mak­lik by me­kaar.

El­ke stoep het ’n u­nie­ke per­soon­lik­heid, maar elk­een is ’n spa­sie waar ’n lek­ker at­mos­feer heers. En hoe meer in­ge­leef die stoep, hoe ge­sel­li­ger die stem­ming. Wie neem nou werk­lik aan­stoot van­weë die kra­ke in die se­ment of die stow­we­ri­ge boek­rak­kie vol ge­skif­te Cal­tex-haas­plak­kers? Die voos­ge­gooi­de veer­pyl­tjie­bord met nog ver­le­de De­sem­ber se toer­nooi­tel­ling in bord­kryt daar­naas, die af­ge­breek­te riem­pie in die ban­kie se sit­plek, die mie­re wat aan-ge­streep kom na ’n blerts ap­pel­koos­kon­fyt op die vloer... dit al­les dra by tot dié kui­er­plek se ka­rak­ter, tot ’n soort sa­me­syn wat hier so moei­te­loos ge­dy. G’n won­der ons is so lief vir stoep­sit nie – hier kan elk­een net hom­self wees, want die stoep gee ook nie voor om iets an­ders te wees nie.

’n Stoep is ’n goeie keu­se as jy ge­sel­skap soek, selfs al kom sit jy al­leen hier. Want kort voor lank sal ’n hond met sy ken op jou knie kom staan en dan met veel­seg­gen­de be­we­gings van sy wenk­broue met jou in ge­sprek tree. Of ’n kat sal al sku­rend teen die muur langs aan­kom en maak of sy jou nie sien nie, maar tog ver­toef. Par­ty s­toe­pe het ook die lek­ker­te van ’n paar vet gei­tjies wat rond­om die lig sit en mug­gies jag, of ’n swa­el­tjie­nes waar­uit ’n stuk of vier kui­kens met wyd­ge­rek­te geel bek­ke gil vir kos.

’n Stoep sal ook al­tyd iets te doen op­le­wer as jy on­ge­du­rig voel – ver­al ’n plaas­stoep. Hier lê ge­woon­lik iets rond wat aan­dag kort: ’n uit­me­kaar­ge­haal­de dom­pel­pomp of deur­slot, ’n half­klaar he­kel­wer­kie, aar­tap­pels in ’n skot­tel­tjie wa­ter wat ge­skil moet word, of ’n paar vis­mot­ge­vre­te ek­sem­pla­re van Land­bou­week­blad of Re­a­der’s Di­ge­st- boe­kies waar­van die blok­kie­raai­sels nog nie klaar in­ge­vul is nie. Ja, op ’n stoep kan by­kans e­ni­ge ding rond­lê. Al­les be­hal­we kwaad­geld.

Een of an­der tyd sal die sif­deur piep en weer toe­klap soos die an­der huis­men­se ook ’n bie­tjie kom stoep­sit. Wel­dra volg ’n skink­bord rooi­bos­tee (en as dit op die ver­keer­de hoek van die draad­ta­fel­tjie neer­ge­sit word, stort ’n bie­tjie al­tyd uit) en dan die sto­ries. Want selfs al sit ’n klomp vreem­de­lin­ge saam op ’n stoep, sal hul­le al­tyd iets kan vind om oor te ge­sels: Daar­die spring­bok­ho­rin­kies – Ou­pa het al­tyd sy hoed daar­aan op­ge­hang wan­neer hy mid­dag­e­te van die lan­de af kom. Dié mal­va da­rem. Wee’ jy, dis van­dat die geut ver­le­de win­ter ver­stop was en so oor­ge­loop het dat hy nou hier op­slaan. En hy kom mooi aan, ook da­rem met so min te­vre­de. Ja, daar­die skil­pad­dop­pies... die kraaie maak mos só, pik die ou klein­tjies uit, jy kan maar kyk: on­der hul­le nes­te lê die wê­reld be­saai. Dié ka­tel­tjie ont­dek ons mos die an­der­dag op die sol­der – ek het al skoon van hom ver­geet en was ver­baas dat al die stuk­ke nog daar was. Gits! Kan jy ont­hou wan­neer laas ons nog per­le­moen mag ge­duik het? Kyk net hoe groot was hul skul­pe daai ja­re, nè!

Ja, ’n stoep word mak­lik ’n neer­sit­plek vir din­ge wat nê­rens el­ders hoort nie. Maar ’n stoep wys ook niks of nie­mand weg nie, dit ak­kom­mo­deer al­les en al­mal. Vir kleu­ters is dit ’n speel­plek op ’n re­ën­dag, vir ’n boer ’n dink­plek as die re­ën weg­bly. Dis die hart van die par­ty­tjie op Ou­jaars­aand en ’n bin­ne­ka­mer vir ’n ma se ver­lan­ge wan­neer die kos­huis haar kin­ders weer op ’n Maan­dag-og­gend in­sluk. ’n Stoep is ro­man­ties ge­noeg vir ’n vry­tjie vang, en ook ge­wig­tig ge­noeg vir ou­ers vra. Dis ’n bieg­stoel, ’n spreek­ka­mer, ’n hoe­kie vir lê en lees of laat­nag ’n dam­pie slaan. ’n Stoep hoor ge­sprek­ke aan son­der om sy o­pi­nie te lug, en hy be­waar al­mal se ge­hei­me. Dis hoe­kom dit ook ver­al ge­sond is om ’n bie­tjie te kom stoep­sit op daar­die dae wan­neer jou oë aan­hou wa­sig raak en jy net al­leen wil wees. Al­mal ver­staan dié be­hoef­te – hul­le sal jou nie hier kom hin­der nie.

Sul­ke tye werk ’n stoep sag­gies met ’n mens. Eers s­kuif die son­ne­tjie styf langs jou in en skud sy knie­kom­bers ook oor jou skoot oop. Dis nie lank nie, dan voel jy som­mer van kop tot tone ver­troe­tel.

Daar­na raak jy be­wus van die sif­deur wat al weer van sy ha­kie af ge­wip het en nou lig­gies teen die deur­ko­syn klop, of die ri­vier­pad­da in die klam­mig­heid on­der die mal­va­bos wat sy ton­ge­tjie sit en klik, en jou war­boel ge­dag­tes val by ’n sta­di­ger rit­me in.

En uit­ein­de­lik, as jy met jou troe­bel oë niks­sien­de staar na waar dui­we van die te­le­foon­dra­de af­tui­mel, of die ooie doer teen die rant­jie langs aan­kom kraal toe, voel jy met­ter­tyd weer na­der aan en meer deel van ’n gro­ter prent­jie.

Ek sweer: Dis net ’n k­wes­sie van tyd voor­dat stoep­sit as ’n vorm van me­di­ta­sie er­ken word. Of deur dok­ters voor­ge­skryf kan word: Stoep­sit x 2 daag­liks na ete.

Tot tyd en wyl neem ek maar ge­reeld na goed­den­ke ’n do­sis vi­ta­mien S.

’’n Stoep hoor ge­sprek­ke aan son­der om sy o­pi­nie te lug, en hy be­waar al­mal

se ge­hei­me. ...’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.