Weg!

Twee vlieë met een...

-

Ek het aan die begin van die jaar Kaap toe getrek. My kêrel, Tiaan Dreyer, moes ongelukkig in Potchefstr­oom agterbly.

Die eerste naweek van September was dit Tiaan se beurt om in die Kaap te kom kuier. In sy bagasie was Weg se Septemberu­itgawe met die storie oor nasionale parke.

Ons besluit om die Saterdagog­gend Kaappunt te besoek. Die lente het beslis in die Kaap aangeland en ons word met ’n helderblou dag bederf.

Die aand trek ons Weg weer nader en besluit om die 120 km na die Weskusnasi­onale park aan te pak. Ons staan amper ’n uur en ’n half in die tou by die hek, maar is vriendelik deur die personeel en die plate oranje, geel, en wit veldblomme ontvang.

By die preekstoel-uitkykpunt stap ons ’n ent op die strand langs die meer. Die geur van boerewors op die kole en die vars seebries maak dat ons langer wil bly.

’n Mens sien te veel plekke in tydskrifte wat “buite bereik” is, maar hier kon ons twee van ons land se nasionale parke in een naweek besoek.

CARLA TALJAARD, Kaapstad

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa