Gee ’n ou soen­tjie, toe?

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek en my vrou, Li­ly, het ’n paar dae op die Net­her­wood-gas­te­plaas in Not­ting­ham Ro­ad deur­ge­bring. Ons self­sor­ghui­sie was na­by ’n dam. Ek het my ka­me­ra ge­gryp en na­by die dam gaan sit in die hoop dat iets sou op­daag. Tot my ver­ba­sing het ’n ma­hem­man­ne­tjie en -wy­fie kom wa­ter drink. Dit was nie lank nie of die pa­rings­dans het be­gin. Dié “pik­soen­tjie” het my dag ge­maak.

AN­DY VAN DYK, Ni­gel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.