JA­PIE BOR­N­MAN

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

@im­pactp­ho­to78 Ca­non EOS 760D Sig­ma 150-600 mm-lens

JA­PIE VER­TEL: Hier­die fo­to is in die wild­tuin tus­sen S­ku­ku­za en Kro­ko­dil­brug op die S114 ge­neem.

Ek is een van daai fo­to­gra­we wat glo “min­der is meer”. Dis goed om iets aan die ky­ker se ver­beel­ding oor te laat. Dis hoe­kom ek net op die o­li­fant se slurp ge­fo­kus en die res van die kop af­ge­sny het.

O­li­fan­te se slur­pe boei my. Ek wou wys hoe han­dig hul­le daar­mee is: Die dik­ste tak kan af­ge­breek word, én die fyn­ste tak­kie kan op­ge­tel word. Hier­die bul het ’n boom­pie bin­ne so­wat twee mi­nu­te plat­ge­vee deur net sy slurp te ge­bruik. TO­AST SÊ: Hoe lan­ger jy by ’n dier sit en hom af­neem, hoe fy­ner be­gin jy kyk. Jy be­gin op­let hoe die o­li­fant met sy slurp werk, of hoe die vel se skur­we teks­tuur by­na soos boom­bas lyk. Dis dalk ’n poot wat jou aan­dag trek, of ’n stert, oor of oog.

Hoe lan­ger jy kyk, hoe meer sien jy. Jy neem dalk heel eer­ste ’n paar fo­to’s van die he­le dier, maar zoem dan in op die de­tails.

El­ke fo­to­graaf kyk an­ders na ’n ding – die vraag is: Wat is jóú ding? Ja­pie se ding is slur­pe, en dié fo­to ver­tel ons iets van ’n o­li­fant wat dalk ver­lo­re sou gaan in ’n trop­fo­to. Ek hou van die teks­tu­re hier, maar ook van die kleur­kon­tras tus­sen die groen bla­re en die don­ker slurp. Dank­sy die ge­bruik van ’n lang zoem­lens is die ag­ter­grond uit fo­kus ge­gooi so­dat die slurp uit­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.