MI­NI COOPER COUN­TRY­MAN

Weg! - - Wiele -

Jy dink dalk die nu­we Mi­ni Coun­try­man is die ei­en­aar­dig­ste Mi­ni wat jy al ooit ge­sien het, maar daar­die eer be­hoort eint­lik aan die Mi­ni-bak­kie, wat tus­sen 1961 en 1983 ge­bou is. Vei­lig­heids­gor­dels en ’n ver­war­mer was op­si­o­ne­le ek­stras. Sy 850 cc-en­jin het ’n ka­ri­ge 27 kW ont­wik­kel en hom in 34 se­kon­des van 0-100 km/h laat kruip. Sy top-snel­heid was 111 km/h, met die wind van ag­ter.

Die Coun­try­man is ge­na­dig­lik heel­wat rat­ser, maar met dié mo­tor pro­beer Mi­ni – die mees­ter van speel­se blits­buk­sies – klip­hard om ’n mens daar­van te oor­tuig dat hul­le ook ’n sport­nuts­voer­tuig kan bou. Dis die ly­wig­ste Mi­ni tot dus­ver en stamp kop­pe met an­der voor­ste veel­doel­voer­tuie soos die Au­di Q2, Mercedes GLA en BMW X1 (of die Ma­z­da CX3 en Volks­wa­gen Ti­guan as jy jou sen­te om­draai).

Op 4,3 m is hy 20 cm lan­ger en 3cm bre­ër as sy voor­gan­ger. Ja, hy’s selfs gro­ter as ’n Golf. Dié Mi­ni het oor­nag ’n maxi ge­word.

Die by­ko­men­de leng­te bied ver­al aan die ag­ter­ste in­sit­ten­des ’n ek­stra paar sen­ti­me­ter been­ruim­te. Die ag­ter­sit­plek het ’n 40/20/40-ver­de­ling en kan plat­slaan om die kat­te­bak­spa­sie van 450 ℓ tot 1 390 ℓ te ver­groot. S­tan­daard­toe­rus­ting sluit in Blu­e­tooth-kop­pe­ling, ’n USB-sok en sa­tel­liet­na­vi­ga­sie, en dis net jou ver­beel­ding en bank­be­stuur­der wat in die pad staan van nóg speel­goed.

As dit die doel was om ’n meer praktie­se, ge­sins­vrien­de­li­ke Mi­ni te bou slaag die Coun­try­man hie­rin. Maar hy is nie twee mo­tors vir die prys van een nie. Sy skerp stuur­re­ak­sie en pad­hou­ver­moë op teer is in­druk­wek­kend, maar die rit­ge­hal­te ver­krum­mel so­dra jy ’n grond­pad tref – ver­al as jou mo­tor die gro­ter 18 duim-wie­le het. En die grom­mi­ge 1,5 ℓ-drie­si­lin­der­tjie se by­drae is be­vre­di­gend eer­der as be­gees­terd.

Dis moei­lik om te sien hoe die Coun­try­man jou ge­sin se hoof­ry­ding, wat nog te praat van voor-keur-veld­ry­er, gaan word. Daar is an­der goed­ko­per al­ter­na­tie­we wat ’n meer ge­pas­te veld­ry­voer­tuig is.

Nog nooit het ’n Mi­ni so­veel spa­sie in sy ei­e­naar se mo­tor­huis be­no­dig nie. En nog nooit was ’n bak­kie­vrag vol ver­beel­ding no­dig om dié ry­ding te be­gryp nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.