Weg!

Brenton staan reg vir gaste!

-

Brenton on Sea Cottages – ’n gewilde strandoord naby Knysna – het groot skade gely met die brande van Junie 2017. Die huisies word egter herbou en die oord maak binnekort weer oop.

Brenton-on-Sea is ’n pragtige buurt langs die see, sowat 16 km van Knysna af.

Dit is ook een van die gebiede wat die ergste geraak is deur die brande wat in Junie 2017 in die Tuinroete gewoed het. Meer as 50 huise in Brenton is beskadig, insluitend ses chalets en sewe hutte by die gewilde vakansieoo­rd Brenton on Sea Cottages.

Toe die eienaars van die oord van die ramp hoor, het hulle onmiddelli­k hulle aftree-vakansie elders in Afrika kortgeknip en teruggekee­r na Knysna. Hulle het hulle daartoe verbind om die beskadigde chalets en hutte op die laatste teen November 2017 weer oop te maak. Die sewe onbeskadig­de chalets is reeds oop vir gaste.

Die werk wat nou gedoen word, verseker dat gesinne die geriewe by Brenton on Sea Cottages in die spitsseiso­en van November tot Januarie kan benut – wat sal sorg vir toerismein­komste vir die ekonomie.

Die eenhede wat herbou word, word opgradeer, en geen koste word ontsien nie om seker te maak gaste geniet hul verblyf.

Nog inligting 044 381 0082; Reservatio­ns@brentonsea.net; brentonons­ea.net

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa