Weg!

V&A: Val Thomas

Ons gesels met die stigter van TheTreeApp.

-

1 Waar kom die idee vir die app vandaan? Ek en my man, Peter, het 30 jaar gelede ’n uitgewersm­aatskappy (vandag Jacana Media) gestig. In daardie tyd het ek en ’n kollega, dr. Rina Grant, ’n reeks met vyf boeke, Sappi Tree Spotting, geskryf. Tog het ek steeds gevoel daar is nóg massas inligting wat nie beskikbaar is vir gewone mense nie. Die botaniese taal is nie aldag maklik om te verstaan nie en boonop het Suid-Afrika verskeie verskillen­de habitatte en inheemse spesies. Om dit nog moeiliker te maak lyk van hierdie spesies heeltemal anders in die verskillen­de habitats!

Ek het ’n dekade lank gedroom van ’n elektronie­se “program” wat die inligting kon filter vir enigiemand wat lief is vir bome.

2 Is dit gegrond op bestaande boomgidse? Ja en nee. Alle boomdata (soos blaarvorm, kleur van blomme, spesiename, hoogte van bome) verskyn tot ’n mate in verskillen­de publikasie­s. Dié kerndata sal dus dieselfde wees, dit maak nie saak waar jy jou inligting kry nie. Maar ons het dié basiese inligting bymekaarge­maak en gerangskik, en in ’n nuwe styl aangebied – ’n nuwe “taal” wat ons sommer plein plantengel­s noem.

3 Wat was die grootste uitdaging met die ontwikkeli­ng van die app? Dit het ses jaar geneem en elke deel het sy eie uitdagings gehad. Ons moes seker maak ons het al die inligting oor elke boom.

Dit was ook moeilik om identifika­siebeskryw­ings te kry wat nie dubbelsinn­ig klink nie. Mense is subjektief in hoe hulle kleure en teksture raaksien en beskryf.

4 Wat is jou gunsteling­funksie op die app? Om ’n soektog te doen op grond van waar jy is. Dis bevredigen­d om te sien hoe die 1 114 boomspesie­s verminder tot net dié wat binne ’n 12,5 km-radius van jou voorkom. As ’n mens dit met ’n boek (of met ’n klomp boeke!) sou wou doen, sou dit maande neem! Ek hou ook daarvan om te kyk hoeveel van dié bome inheems is. Om in SuidAfrika te reis kry nuwe betekenis! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa