Weg!

Drive-thru burgers

-

Vir 4 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 5 minute

Hierdie eenvoudige burgers se geheim is die sous. Ná dese sal die kinders nooit weer in jou ore neul om deur die drive-thru te wil ry nie – Ma se burgers is die beste!

Jy benodig

VIR DIE SOUS • 5 teelepels ui, fyngeraspe­r • ¼ koppie mayonnaise • 3 eetlepels agurkies, fyngekap • 1½ eetlepels Engelse mosterd • 1 eetlepel suiker • 1 teelepel Marmite • 1 teelepel borrie

VIR DIE BURGERS • 500 g beesmaalvl­eis • 4 broodrolle­tjies • 1 koppie blaarslaai, gesnipper • sout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak • 4 skywe gouda • 4 agurkies, in dun repies gesny

Só maak jy

1 Verdeel die maalvleis in vier en vorm vier ewe groot patties wat dieselfde deursnee as ’n broodrolle­tjie het. Laat die patties op ’n bord in die yskas rus.

2 Meng al die bestanddel­e vir die sous saam en hou dit ook in die yskas.

3 Sny die rolletjies middeldeur, smeer van die sous bo-oor en pak ’n hopie blaarslaai op elk.

4 Verhit ’n pan tot rookwarm, pak die patties in ’n enkellaag daarin en geur dit met sout en peper. Braai die patties vir ’n minuut (of totdat die onderkant goudbruin is), draai dit dan om en plaas ’n skyfie kaas op die gaar kant. Die ander kant behoort ná nog ’n minuut goudbruin te wees.

5 Skep ’n pattie op elke rolletjie, gevolg deur ’n paar repies agurkie. Sit dit warm voor saam met tuisgemaak­te aartappels­kyfies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa