Weg!

Soetsuur hoender met noedels

-

Vir 4 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Gewoonlik word hoender vir hierdie Chinese gereg met ’n dik deeg om in olie gediepbraa­i, maar my weergawe kry net ’n dun lagie mielieblom.

Jy benodig

VIR DIE SOETSUUR SOUS • ½ koppie bruinsuike­r • ½ koppie appel- of witwynasyn • ¼ koppie tamatiesou­s • 2 eetlepels sojasous • 4 sprietuie, gekap • 2 knoffelhui­sies, gekap

VIR DIE HOENDER • 500 g hoenderfil­ette • 2 eiers, geklits • 2 teelepels sout • 1 koppie mielieblom • 4 eetlepels sonneblomo­lie

VIR DIE ROERBRAAI • 2 eetlepels sesamolie • 1 soetrissie, in repe gesny • 2 wortels, diagonaal in skyfies gesny • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 2 cm gemmer, gerasper • 400 g gaar noedels

Só maak jy

1 Verhit die sousbestan­ddele saam totdat die suiker opgelos het, en laat dit dan vir 5 minute prut.

2 Sny die hoender in happiegroo­tte blokkies. Klits die eiers in ’n diep bord en doop die hoenderblo­kkies daarin. Meng die sout en mielieblom en rol die hoenderblo­kkies daarin. Verhit die

olie in ’n groot pan tot baie warm en braai die hoender vir slegs ’n paar minute tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant.

3 Laat dan die pan weer rookwarm word, voeg die sesamsaado­lie by en braai die soetrissie, wortel, knoffel en gemmer vir 3 minute. Voeg dan die sous by en laat die groente vir ’n paar minute daarin prut. Daarna kan jy die hoender en noedels byvoeg, deurroer en dadelik voorsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa