PIER­RE SE BRIEF

Weg! - - News - RE RE­DAK­TEUR PS­teyn@me­dia24.com

Ek weet daar is ’n By­bel­se aan­ma­ning dat ons moet vre­de maak met ons om­stan­dig­he­de, en op­hou wens din­ge was an­ders. Maar dis mak­li­ker ge­sê as ge­daan. Dis ver­al so wan­neer jy deur van­dees­maand se tyd­skrif blaai en jou hart met ’n punt trek na guns­te­ling­plek­ke soos die Ka­la­ha­ri (bl. 34), die Oos-Vry­staat (bl. 44) en die Karoo (bl. 52). Of jy lees oor vyf on­be­ken­de par­ke in die noor­de van Tanzanië, wat jou laat wens jy gaan nog baie ja­re ge­sond bly so­dat jy self ’n Usam­ba­ra-reu­se-drie­ho­ring­ver­kleur­man­ne­tjie met ’n flits in die don­ker kan loop soek.

Kort voor­dat ons die tyd­skrif na die rol­pers moet stuur, val dit my weer op dat daar ’n on­der­lig­gen­de te­ma is in baie van ons reis­ver­ha­le – ont­vlug­ting, ’n soe­ke na rus en vre­de, om meer tyd in die na­tuur en min­der tus­sen men­se en mens­ge­maak­te din­ge deur te b­ring.

Dis niks bui­ten­ge­woons nie. Die En­gel­se sou dit se­ker a sign of the ti­mes noem, maar die Duit­sers het ’n mooi­er woord daar­voor: Zeitgeist. “Zeit” is tyd en “geist” is gees. In A­fri­kaans het ons ook ’n mooi woord: “Tyds­gees”. (Ter­wyl “ti­meg­host” in En­gels glad nie lek­ker klink nie.)

Goed, al­le flou grap­pies op ’n stok­kie – Zeitgeist ver­wys na die spe­si­fie­ke gees of denk­rig­ting wat in el­ke era teen­woor­dig is. Jy volg die spoor daar­van in ’n tyd­vak se mu­siek, kuns, let­ter­kun­de, po­li­tiek en sport (g’n won­der ons wil ont­vlug nie!), en na­tuur­lik ook in ’n tyd­skrif soos Weg.

In tye waar ons par­ty­keer oor­rom­pel voel deur te veel ge­jaagd­heid, te veel teg­no­lo­gie, te veel men­se en te veel van die mens­dom se sim­pel­geit, bied ’n reis na ’n on­ge­rep­te plek salf vir die siel.

Weg sal jou wys waar om dié salf te vind, maar jy moet hom self loop aan­smeer. Klim in jou kar en ry. Pleks om dan te sê “ek wens ek was nou daar” kan jy ver­klaar: “Ek’s so bly ek’s nou hier!”

TE­KEN IN OP ONS NUUS­BRIEF! Ons weet ’n maand is ’n lang tyd om vir jou guns­te­ling­tyd­skrif te wag. Bly in­tus­sen op die hoog­te van al­les wat by Weg aan die gang is deur in te te­ken op ons nuus­brief by weg.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.