ZANZIBAR

S­to­ne To­wn is me­ni­ge toe­ris se eer­ste ken­nis­ma­king met Zanzibar. Dit is net na­by ge­noeg om mak­lik per vlieg­tuig van Suid-A­fri­ka af te be­reik, en net ver ge­noeg om vreemd te wees vir die oog van jou ka­me­ra. ’n Lang­na­week hier gee jou die tyd om die ge­skied

Weg! - - Vlaggie - WOOR­DE EN FO­TO’S TO­AST COET­ZER

’n Lang­na­week is al wat jy no­dig het om S­to­ne To­wn se ge­skie­de­nis, straat­mark­te en stran­de in te neem, skryf To­ast Coet­zer

Dit is agt­uur die oggend in die dak­re­stau­rant van die Al Mi­nar-ho­tel in S­to­ne To­wn, Zanzibar. Ek is vier ver­die­pings hoog, en kyk uit oor an­der dak­ke – op een sit ’n dik­kop, roer­loos. Uit ’n kraak in die muur van ’n an­der ge­bou groei ’n boom­pie, en in dié sit ’n geel­bek­trou­pant – dis ’n vo­ël wat jy sel­de in SuidA­fri­ka sien, en ge­woon­lik net diep in die bos ie­wers. Maar hier sit hy nou, oop en bloot in ’n be­bou­de ge­bied.

Ek be­ny vo­ëls die vry­heid wat hul­le het om oor lands­gren­se te be­weeg. Hul­le het nie pas­poor­te en vi­sums no­dig nie. Maar ons ver­geet ook soms hoe mak­lik ons in Suid-A­fri­ka – deur net vin­nig op ’n vlieg­tuig te spring – an­der de­le van A­fri­ka kan be­reik.

S­to­ne To­wn is díg be­bou, en voel soos ’n ves­ting­stad uit ou Eu­ro­pa. S­to­ne To­wn ís oud – eeue lank was dit een van die be­lang­rik­ste han­dels­pun­te teen die oos­kus van A­fri­ka af, met han­de­laars wat van die Ara­bie­se lan­de, In­dië en selfs C­hi­na hier aan­ge­doen het.

Dit het ook ’n som­ber ge­skie­de­nis: Zanzibar was lank deel van die sla­we­han­del: Men­se is hier aan­ge­hou, ge­koop en ver­koop, en op ske­pe na die vreem­de ge­sit.

Wan­neer jy by jou ho­tel uit­stap, stap jy hier­die ge­skie­de­nis bin­ne. Jy sien dit, vóél dit. Na­by die ho­tel staan die huis van Tip­pu Tip. Hy het op sy dag A­fri­ka van die oos­kus af bin­ne­ge­stap, wes­waarts tot in die Kon­go om sla­we te gaan haal. Hy het ook naam ge­maak om­dat hy by tye vir Li­vings­to­ne en S­tan­ley ge­help het met roe­te­be­plan­ning ty­dens hul­le voetrei­se.

El­ders is die ge­boor­te­huis van F­red­die Mer­cu­ry – ja, dié voor­san­ger van die 80’s-rock­groep Qu­een is ’n boor­ling van S­to­ne To­wn.

S­to­ne To­wn is vir die stap­fik­se toe­ris mak­lik om te ver­ken. Ge­bruik die kaart in jou gids­boek, of koop een by ’n toe­ris­te­win kel­tjie. (’n Hand­ge­te­ken­de een deur Gi­o­van­ni Tom­baz­zi is net so mooi as wat dit nut­tig is.)

Hoe­wel jy plek-plek ook mo­der­ne ge­boue sien – en na­tuur­lik aan­den­kings­win­kel­tjies ge­mik op toe­ris­te – voel dit as­of die smal straat­jies jou in­sluk en weg­voer na ’n an­der tyd.

Jy gaan vir se­ker in dié ge­skied­kun­din­ge gan­ge ver­dwaal – maar op ’n goeie ma­nier. Jy gaan ’n tik­kie án­ders daar uit­stap...

Zanzibar se wit stran­de en lek­ker snor­kel­dui kplek­ke lok baie toe­ris­te, maar vir my is S­to­ne To­wn ge­noeg ont­snap­ping.

Dit bied ’n er­va­ring wat jy glad nie in Suid-A­fri­ka kan kry nie, en de­fi­ni­tief ook nie in Eu­ro­pa nie. Die vas­te­land van A­fri­ka (Tan­za­nië) is skaars 35 km wes van Zanzibar en wan­neer jy die stra­te in­vaar, gaan jy dalk ’n Maas­ai ont­moet en mis­kien selfs ’n ver­loop­te Ni­ge­ri­ër. Dis kos­mo­po­li­taans hier. Die in­vloed van die Ara­bie­se lan­de is ewe dui­de­lik, in die ge­sig­te van die men­se wat jy sien, die mi­na­ret­te van mos­kees.

Van­dag is dit eg­ter eers St. Jo­seph se Ka­to­lie­ke ka­te­draal (met sy ken­mer­ken­de twéé kerk­to­rings) wat my roep. Hier­die e­nor­me ka­te­draal is teen 1898 vol­tooi, maar word sel­de ge­bruik om­dat hier min Ka­to­lie­ke dees­dae is. Vir die toe­ris bied dit kalm­te, want wan­neer jy bin­ne­stap, val die ge­roe­se­moes van S­to­ne To­wn skie­lik weg.

Ek sit ’n oom­blik stil, ver­beel my­self die kerk vol men­se, ie­mand op die preek­stoel, ge­san­ge wat dreun. Dan staan ek op en stap uit, die on­sig­ba­re diens ver­by.

Ek haak vas by ’n groe­pie mans wat op ’n hoek sit en ge­sels na­by hul­le win­kel­tjies. Hul­le wag vir klan­di­sie, ek wag met my ka­me­ra teen die straat vir ’n fo­to om ver­by te kom.

Dan stap ek uit op Ben­ja­min M­ka­pa-straat (of­te­wel C­reek Ro­ad), waar die ou deel van S­to­ne To­wn dood­loop. Ek draai links en sit lank en kyk na hoe ’n ou man le­moe­ne af­skil. As jy my vra, is vars vrug­te­sap een van die lek­ker­ste din­ge om­trent Zanzibar. Die vrug­te­sap is ge­woon­lik ’n meng­sel van le­moen­sap, gre­na­del­la, gem­mer... oeg, ek raak lus as ek net daar­aan dink!

Die straat en aan­lig­gen­de mark is be­dry­wig. Mi­ni­bus­se en mo­tor­fiet­se kom en gaan, voet­gan­gers ver­dring me­kaar. Ek haal diep a­sem en glip die s­ka­re bin­ne.

Da­de­lik pro­beer el­ke ver­ko­per wat sy sout werd is, sy wa­re aan my ver­koop. Dis in die haak met my: ek is dui­de­lik ’n toe­ris. Die be­lang­rik­ste ding is om nie haas­tig te wees of on­ge­dul­dig te raak nie. Dan raak só ’n mark­eks­pe­di­sie ’n a­von­tuur.

Ek snuis­ter tus­sen die spe­se­ry­st al­le­tjies deur met die ly­sie wat my skoon­sus­ter uit SuidA­fri­ka aan­ge­stuur het: saf­fraan, va­niel­je­peu­le, ka­neel­stok­kies, ko­myn, ker­rie... Gou trek die geu­re my in, en ek ruik aan el­ke pak­kie.

Jy kan se­ker al hier­die goed in jou buurt se mall ook koop, maar dis mos lek­ker­der om te sê dat hier­die hoen­der­ker­rie ge­geur is met ’n pak­kie ple­sier wat jy in ver­re Zanzibar ge­koop het, of hoe? >

Nie als in die mark is lek­ker om te sien en ruik nie: die vis- en hoen­der­af­de­ling moet jy liefs net be­soek in­dien dit de­fin­tief iets is wat jy van­aand self wil gaar­maak.

Maar niks se ge­self­sorg vir my la­ter nie: So­dra ek my vrien­de op­ge­spoor het (al­mal het van­dag hul­le eie draaie ge­loop), gaan ons me­kaar kry by Forod­ha­ni, die tuin en pro­me­na­de teen die see­kant van S­to­ne To­wn.

Van laatmiddag af ver­ga­der dor­pe­naars en toe­ris­te hier om te kyk hoe die son sta­dig – en sta­tig – wes­te toe dooi­er. Vis­ser­man­ne an­ker hul­le bo­te, die drie­hoek­sei­le van daus raak sil­hoe­ët­te teen die sil­wer glim van die see, en dan be­gin jy see­kos ruik wan­neer die o­pe­lug­mark – als van see­kat tot gar­naal, en el­ke ding wat jy aan kan dink op ’n so­sa­tie­stok­kie – be­gin sa­ke doen.

Vir S­to­ne To­wn wil ek weer sien: Ek wil hier ver­dwaal én tot ver­haal kom.

GLIMLAGTE. So­fia Ali (on­der) po­seer vir ’n fo­to op die veer­boot tus­sen Dar es Sa­laam en S­to­ne To­wn. Die vaart duur net min­der as twee uur en kos in die om­ge­wing van US$70 (R930) per re­toer­kaart­jie. S­to­ne To­wn is kos­mo­po­li­taans en die toe­ris­me­be­dryf lok han­de­laars van reg­oor A­fri­ka. Mat­thew Jo­seph Le­ma­mu­ree (on­der, regs) is ’n Maas­ai van Tan­za­nië wat aan­den­kings in S­to­ne To­wn ver­koop.

KOM BIN­NE... Die win­ke­lier Su­lei­man Sa­lim Al-Harthy (bo, links) is in Zanzibar ge­bo­re, maar sy pa se fa­mi­lie kom van O­man in die Ara­bie­se s­kier­ei­land. Fa­ri­da Sa­lim (bo) staan in die deur van haar kle­re­win­kel. Kuns­tig ge­kerf­de deu­re en deur­ko­sy­ne is van S­to­ne To­wn se mooi­ste din­ge om af te neem.

Kleu­re en geu­re in S­to­ne To­wn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.