DAR­LING

Weg! - - Vakansie Kaapstad-daguitstappies -

Ver­ruil die stad se ge­druis vir ’n dag se vars lug en veld­blom­me op die plat­te­land. Dar­ling is net so­wat ’n uur se ry van Kaap­stad af en al is dit ’n klein dor­pie, het dit ’n he­le paar din­ge om te doen (en te proe!).

OGGEND

As jy nie ont­byt by die huis ge­ëet het nie, maak jou eer­ste s­top in Dar­ling die Mar­ma­la­de Cat-kof­fie­win­kel ( 022 492 2515; mar­ma­la­de­cat. co.za) in die hoof­straat. Drink ’n cap­puc­ci­no (R25), be­stel skons met kon­fyt en room (R30) en snuf­fel rond in die ge­skenk­win­kel en Cat Walk­kle­re­win­kel langs­aan. Die kof­fie­win­kel is el­ke dag van 8 vm. oop.

Daar­na kan jy gaan waar jou be­lang­stel­lings jou lei: Ge­skie­de­nis­bof­fins kan die Dar­ling-mu­seum ( 022 492 3361; dar­ling­mu­seum. co.za) in Pas­to­rie­straat be­soek om meer te leer oor die dorp wat in 1853 ge­stig is. Gaan loer na die uit­stal­ling wat wys hoe Dar­ling se voor­ge­slag­te bot­ter ge­maak het – die hout­kar­rings en melk­kan­ne sal jou laat ver­lang na jou ou­ma se plaas­kom­buis. Dit kos R10 per vol­was­se­ne en R5 per kind om in te gaan. Die mu­seum is ook die toe­ris­me­kan­toor.

As jy ’n soet­tand het, is die Dar­ling Sweet-tof­fie­fa­briek ( 083 235 4002; dar­ling­sweet. co.za) in Lang­straat net om die draai. Hier kan jy hand­ge­maak­te tof­fie­lek­kers, tof­fiesme­re, heu­ning en see­sout vir jou spens koop. Kies uit 11 tof­fie­geu­re, van rooi­wyn-en­sjo­ko­la­de tot le­moen-en-gra­naat (R53 vir 150 g) of kik­ker jou kin­ders se pou­se­toe­brood­jies op met tof­fiesme­re soos ge­sou­te heu­ning (R59 vir 200 g).

Het jy ’n swak­plek vir lek­ker kaas? Die Ud­der­ly De­li­ci­ous­kaas­win­kel ( 082 829 8111) is aan die bo­punt van die hoof­straat. Die kaas­ma­ker Car­la Bry­an maak haar kaas met melk van ’n plaas­li­ke boer af – die pe­per­ca­ci­ot­ta kos R115/kg en die S­kat­tie (’n kaas tus­sen gou­da en ched­dar) is ’n bie­tjie duur­der teen R350/kg.

Wyn­lief­heb­bers kan ook gou by die Dar­ling Wi­ne S­hop ( 022 492 3971; dar­ling­wi­ne.co.za) langs­aan in­hard­loop vir wy­ne uit die kon­trei soos Cloof, Dar­ling Cel­lars en Eart­hbound. Jy kan hier wyn proe vir R50 p.p. (be­spre­kings nood­saak­lik).

MID­DAG

Vol­gen­de aan die beurt is Evita se Perron ( 022 492 2851;

evita.co.za). Dié be­ken­de ba­ken is soos die Eif­fel­to­ring in Pa­rys – jy kan nie sê jy was in Dar­ling son­der om hier in te loer nie. Die sa­ti­ri­kus Pie­ter-Dirk Uys het 21 jaar ge­le­de dié ou trein­sta­sie in Ar­ca­di­a­straat om­skep in ’n te­a­ter-en-re­stau­rant waar kuns, kitsch en ’n tong-in-die­kies blik op ons land se ge­skie­de­nis ge­vier word. Koop een van Evita Be­zui­den­hout se kook­boe­ke (R190), ver­ken die Boe­ras­sic Park-kun­stuin, die ga­le­ry en tal­le uit­stal­lings, en sit aan vir mid­dag­e­te in die re­stau­rant, wat tra­di­si­o­ne­le ge­reg­te soos Re­con­ci­li­a­ti­on-bo­bo­tie (R75) en Pik se Boe­re­wors­rol (R45) be­dien.

So­dra die Boeing oor is, ry reg­uit na die Dar­ling B­rew-proe­lo­kaal ( 021 286 1099; dar­ling­brew. co.za) in Ca­le­don­straat. Dié mi­kro­brou­e­ry maak ’n reeks boe­tiek­bie­re, van die Slow Beer-la­ger tot die Ro­gue Po­ny-lig­te­bier. Die 100 ml­proe­gla­sies kos R10 elk en jy kan ’n kaas-en-vleis­bord vir twee men­se be­stel vir R195. Lig­te e­tes is op die spys­kaart as jy eer­der hier wil mid­dag­e­te eet. (Die proe­lo­kaal is toe op Maan­dae.) Jy kan op die twee­de ver­die­ping van die proe­lo­kaal kui­er – dit kyk uit op die brou­e­ry – of bui­te op die dek. Hier is ook ’n klim­raam om jou kin­ders be­sig te hou.

NAMIDDAG

In die len­te is Dar­ling blom­wê­reld – dan kom wys meer as ’n dui­send spe­sies ge­sig.

Hier is tal­le klein re­ser va­te in en om die dorp soos Tinie Versfeld, Way­lands en Con­tre­berg. As jy met die R315 te­rug Kaap­stad toe ry, is die keu­se vir jou ge­maak: Die Tinie Vers­feld­re­ser­vaat is so­wat 13 km bui­te die dorp en die trap­hek is reg langs die pad. Die 20 ha-re­ser­vaat is al­tyd oop en toe­gang is gra­tis.

Selfs wan­neer die sno­tro­sies en sam­breel­tjies nie blom nie, is dié re­ser­vaat ’ n lek­ker plek om be­ne te rek. Wan­del­paaie lei jou deur gras­vel­de en sei­soe­na­le vlei­lan­de en ver­by twee wit plaas­hui­sies. Die geel­kel­kie­wyn kom net in die re­ser­vaat voor en blou­kraan­vo­ëls vlieg soms oor die hei­ning op soek na ’ n sprin­kaan of ak­ke­dis. Met lon­ge vol vars lug kan jy nou te­rug­keer na die ge­druis van die stad. Vat ’ n diep teug vir die pad!

– Mar­ti­net­te Louw >

EVITA SE PERRON

TINIE VERSFELD-NA­TUUR­RE­SER­VAAT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.