Weg!

Op Pad in Suid-Afrika

deur B.P.J. Erasmus, Jonathan Ball

-

Hierdie ikoniese reisgids het in 1995 die eerste keer verskyn en het al reeds meer as 100 000 eksemplare verkoop. Die skrywer, B.P.J. Erasmus, is in 2012 oorlede en sedertdien is sy nalatenska­p hersien en bygewerk.

Na al die jare is dié boek steeds die omvattends­te gids van Suid-Afrika se stede, dorpe en klein nedersetti­ngs. Die nuutste weergawe het meer as 500 foto’s en bygewerkte streekkaar­te. Op pad fokus op die geskiedeni­s (feite én staaltjies) en ander interessan­te inligting oor 37 hoofstukke – dit begin in Kaapstad en kring daarvandaa­n uit na ander geografies­e gebiede wat logies gerangskik is.

Of jy nou op pad is na Pofadder of Port Elizabeth, Tzaneen of Taun, Klipplaat of die Kaap, Op pad is die perfekte reisgenoot vir die hele gesin tydens die Desemberva­kansie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa