Weg!

Dít gaan ek lees

Daai boek op jou rak wat al heeljaar wag, jou gunsteling-skrywer se nuutste nommer, of ’n ou staatmaker wat jy jaar ná jaar herlees... Vakansiety­d is vir baie mense ook leestyd! Hier’s wat die Weg- span in Desember gaan lees.

-

MARCELLE VAN NIEKERK Down Under deur Bill Bryson “Sy reisboeke sorg vir menige oomblik waar mense jou snaakse kyke gee omdat jy op jou eie sit en hardop lag. Dis boonop vol interessan­te feite oor die plekke wat hy besoek. Dié een oor Australië is een van my gunsteling­e –’n mens kan dit altyd nog ’n keer lees.”

SUZAAN HALL The Alice Network deur Kate Quinn “Ek hou baie van geskiedkun­dige romans, en dié spioenstor­ie uit die Tweede Wêreldoorl­og is net reg vir la-a-ang leessessie­s dié vakansie.” ESMA MARNEWICK Travels in Siberia deur Ian Frazier “Terwyl die sweet my aftap op die stoep van die strandhuis gaan ek lees oor hoe die skrywer met ’n trein en ’n tweedehand­se aflewering­swa deur die ysige Siberiese woestyn reis. Só bly my denke ten minste koel!”

SOPHIA VAN TAAK The Genius of Birds deur Jennifer Ackerman “Hierdie boek is nie iets wat ek stukstuk wil lees nie, maar eerder my tande insink. Ek sien uit daarna om my te verdiep in die nuutste navorsing oor hoe intelligen­t voëls eintlik is. Ek geniet boeke wat my opnuut laat besef ons is nie kaas nie – die wêreld is ’n soveel ryker plek danksy sy ander inwoners.”

PIERRE STEYN Jan Smuts: Unafraid of Greatness deur Richard Steyn “Smuts is ’n reus in die SuidAfrika­anse geskiedeni­s – ’n regsman, kryger, staatsman, botanis, en filosoof wat sy invloed in die eerste helfte van die 20ste eeu op die wêreldverh­oog behoorlik laat geld het. Maar hy was vol teenstrydi­ghede. So bemind soos hy oorsee was, so gehaat was hy by die huis. Hoekom?”

VANIA JOOSTE The Good Daughter deur Karin Slaughter “Dis die jongste boek van hierdie Amerikaans­e misdaadskr­ywer. Hoekom sielkundig­e rillers my laat ontspan, weet nugter alleen.”

ERNS GRUNDLING Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden “Ek sien uit na sy nuutste roman, veral omdat hy vir my en Toast daarvan vertel het terwyl ons besig was met Weg Agterpaaie Karoo. Hy’s ’n meesterlik­e storievert­eller.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa