Re­spek­teer die Richtersveld

Weg! - - Briewe Vooraf -

Die Richtersveld-oor­grens­park is al ’n ge­rui­me tyd op my wens­ly­sie. Na­dat ek al die no­di­ge toe­rus­ting by­me­kaar ge­maak het, het ek vir hier­die af­ge­leë park ge­mik. Ek het die De Hoop- en Ta­ta­sberg­wil­der­nis­kamp aan­ge­doen. Ge­na­de, daar is niks nie, maar dis ’n mooi niks! Ek is op ’n dag­uit­stap­pie na die Ta­ta­sberg­ri­vier – dis net 30 km soon­toe, maar ek het sta­dig ge­ry en die stil­te in­ge­drink. Daar was o­ral plant­jies wat pro­beer oor­leef in die dor om­ge­wing. Die ri­vier­bed­ding was be­dek met klein kak­tus­se – dit moet ’n won­der­li­ke ge­sig wees as hul­le blom. Die sand­pad het by ’n klom­pie ko­ker­bo­me ge­ëin­dig.

Een van die be­lang­rik­ste re­ëls in na­tuur­re­ser­va­te en par­ke soos die is dat be­soe­kers op die paaie moet bly. Tot my ont­stel­te­nis het ek ver­skeie 4x4- doughnut spins in die sand ge­sien. Baie van die vet­plant­jies was plat­ge­ry en vrek – dié wiel­spo­re gaan ja­re neem om te ver­dwyn.

Die Richtersveld is e­norm en die veld­wag­ter­span­ne kan een­vou­dig nie so ’n groot park pa­trol­leer nie.

Kan die on­ver­ant­woor­de­li­ke men­se liefs tuis­bly en eer­der in hul­le be­to­noer­woud speel!

IAN IRVINE, A­man­zim­to­ti

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.