Le­ë­nes­sin­droom? Wat­wou!

Weg! - - Briewe Vooraf -

Baie vrien­de het ge­waar­sku: Wag tot­dat die laas­te spruit die nes ver­laat. Jou huis gaan soos ’n graf wees – een­saam en ver­la­te.

Ek het as jong­man in 1977 die pad ge­vat Europa toe. Wat ’n fees was dit nie om al­les te sien waar­van jy op skool ge­leer het. Maar la­ter het ’n loop­baan, huis en kin­ders se op­voe­ding be­lang­ri­ker ge­word as my reis­lus.

As jy aan “le­ë­nes­sin­droom” ly, het ek dus die bes­te raad vir jou: Reis! Ons is baie lief vir ons kin­ders, maar wat ’n vreug­de toe die laas­te een die huis ver­laat. Ons was weer vry! Vry om te reis wanneer en waar ons wil. Ons het Na­mi­bië, Botswa­na, S­wa­zi­land, Le­so­tho en Suid-A­fri­ka plat­ge­toer én uit­ge­wyk na die res van die wê­reld. Ons het se­we jaar lank ’n ry­huis in Europa saam met vrien­de be­sit. Dis die e­nig­ste ma­nier om be­kos­tig­baar deur Europa te toer. Sy naam was Ou Pot­berg (foto bo, en my vrou Chris­tel­le).

Le­ë­nes­sin­droom tref ons dalk la­ter in die af­tree­oord, maar tot dan kap ons dit uit. Daar­om wag ons el­ke maand angs­tig op die nu­we Weg en Weg Ry & Sleep om te sien waar­heen ons vol­gen­de reis gaan wees.

PETRA S­TRY­DOM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.