PLANET BAOBAB NA NA­TA LOD­GE (103 KM)

Weg! - - Klassieke Reisplan -

Van­dag volg jy die A3 ver­der oos na Na­ta. Hoe­wel jy nie die Mak­ga­dik­ga­di­pan­ne van die pad af sien nie, sal jy vloed­ska­de sien van die swaar so­mer­re­ëns wat vroeg in 2017 ge­val het – deel van die pad was toe on­der water (dit is nou ry­baar).

Na­ta is ’n kruis­pad­dorp: Maak tenk vol, kry ’n Wim­py­kof­fie of ’n room­ys. Die Na­ta Lod­ge is net suid van die dorp en naby die teer­pad, maar net­jies tus­sen la­la­palm­bo­me.

Dis jou weg­spring­punt vir die Mak­ga­dik­ga­di­pan. Die oos­te­li­ke deel, Su­a­pan, is mak­lik be­reik­baar van die Na­ta Lod­ge af. Ry na die Na­ta Bi­rd Sanctuary vir ’n on­ver­geet­li­ke uit­sig oor die pan. Dis ge­woon­lik droog, maar wanneer dit op die reg­te tyd ge­re­ën het, lê die plaat water tot op die ho­ri­son, met dui­sen­de wa­ter­vo­ëls soos pe­li­ka­ne, le­pe­laars en fla­min­ke. Jy be­hoort wild soos se­bras en wil­de­bees­te te ge­waar, en selfs o­li­fan­te be­weeg soms hier deur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.