DRIFTERS CAMP NA PLANET BAOBAB (175 KM)

Weg! - - Klassieke Reisplan - Planet Baobab

Maak se­ker jy het ge­noeg brand­stof om 300 km te ry (tot in Na­ta op dag 7), net in­ge­val daar nie brand­stof in G­we­ta be­skik­baar is nie. Gaan maak eers vol in Maun, in­dien no­dig.

Van­dag se pad is oos­waarts al met die A3 langs. Ry ver­sig­tig: Hier is dees­dae baie slag­ga­te. Jy sien soms o­li­fan­te, want die A3 vorm die noor­de­li­ke grens van die Mak­ga­dik­ga­di- na­si­o­na­le park en die sui­de­li­ke grens van die Nx­ai­pan- na­si­o­na­le park.

Jy ry van­dag weer deur die vee­art­se­ny­be­heer­punt. (Jy mag nie vleis ver­voer van wes na oos soos jy nou ry nie. Sorg dus dat jou vars vleis op­ge­braai is – eet van­aand iets uit ’n blik­kie.)

Planet Baobab is naby die A3-teer­pad en net 5 km bui­te G­we­ta. Dis uit­ge­lê tus­sen ’n knoets kre­me­tart­bo­me en hier is ’n lek­ker swem­bad en re­stau­rant. Dit is ’n weg­spring­punt vir dag­be­soe­ke na die Mak­ga­dik­ga­di se wes­te­li­ke deel, Nt­wet­we­pan, en Nx­ai­pan- na­si­o­na­le park.

In­dien jy bo­ge­noem­de wil doen, be­spreek twee aan­de hier en sny ’n aand (by­voor­beeld dag 5 of 9) el­ders uit die reis­plan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.