BLY HIER

Weg! - - Klassieke Reisplan - Lim­po­po Ri­ver Lod­ge

Woodlands is so­wat 15 km noord van Fran­cistown, en ver ge­noeg van die A3-teer­pad dat dit jou nie saans sal pla nie. Kamp (op lief­li­ke gras) kos P115 (R144) per vol­was­se­ne en P95 (R119) per kind (3-15 jaar; kleintjies gra­tis). Ek­stra: P35 (R44) per bos­woon­wa of soort­ge­lyk, en P35 (R44) p.n. per krag­punt.

Kamp­ter­rein­cha­lets vir 2 (klein maar ge­rief­lik): P610 (R761) p.n., plus P125 (R156) per ek­stra per­soon (mak­si­mum 2 ek­stra men­se). Gro­ter een­he­de (Ri­vier­view Rooms) van­af P875 (R1092) per nag vir 2 men­se wat deel en die ruim Woodlands Cot­ta­ge (slaap­plek vir 4) kos P1 750 (R2 184) per nag, en P175 (R218) per ek­stra per­soon (mak­si­mum 2).

Die bak­gat win­kel­tjie by ont­vangs ver­koop van vleis en hout tot pad­kaar­te en aan­den­kings. GPS S21.08122 E27.46405

00 267 244 0131; wood­lands­cam­ping­bots.com

Die Tu­li­blok is ’n on­ge­wo­ne be­wa­rings­ge­bied – dit word deur ver­skil­len­de pri­va­te ei­e­naars be­sit, en toe­gang is be­perk in die sin dat jy meest­al net by duur­der lod­ges kan tuis­gaan. Die Mo­le­ma Bush Camp en Lim­po­po Ri­ver Lod­ge is die uit­son­de­rings. Dis so­wat 34 km noord­oos van Plat­jan. Kamp (4 staan­plek­ke met pri­va­te a­blu­sie) kos R250 p.p. – tot 8 men­se en 2 voer­tuie per staan­plek. Ander bly­plek kos van­af R845 per nag vir 2 men­se, of van­af R1 210 p.n. vir ’n een­heid wat ’n gesin van 4 kan huis­ves. Ten­te met bed­dens: R355 p.p. wat deel. Jy kan wil­drit­te en be­ge­lei­de stap­tog­te by hul­le be­spreek. Ta­rie­we sluit die ge­meen­skaps­hef­fing in. GPS S22.29892 E28.97528

078 391 4220 (Ju­lie); tu­lit­rails.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.