DAG 6 KUMAGA-KAMP NA NJUCA HILLS / TREE ISLAND
BLY HIER
Nou gaan jy ry waar min mense ry. Die Makgadikgadi- nasionale park is nie een van Botswana se wêreldberoemde reservate nie, maar hier gaan jy afsondering en (wilder as) wildernis kry. Mik vir een van die twee boskampe, Njuca Hills en Tree Island.
Jy gaan minder wild sien as teen die Botetirivier, maar die eintlike rede vir dié kampe is die stilte, wye uitsigte en die moontlikheid van groot troppe sebras in die natter tye.