SEDERBERG

Wan­neer jy die Sederberg se ver­blyfop­sies be­gin na­slaan, suis jou ore som­mer. Daar is so­veel om van te kies. Laat s­taan nog die stap­roe­tes, die berg­poe­le, rots­kuns- en an­der kyk­kol­le! Wees rus­tig, en be­plan ’n bak­gat va­kan­sie met dié gids.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S MARIJCKE DODDS, MAR­CEL­LE VAN NIE­KERK, S­HEL­LEY CHRIS­TI­ANS, ESMA MARNEWICK, ILSE OBERHOLZER EN SOPHIA VAN TAAK

Hier’s ons gids tot dié kreu­kel­land­skap: Ons het die bes­te stap­roe­tes, be­siens­waar­dig­he­de, eeten bly­plek­ke uit­ge­snuf­fel – kies net jou kol en ry!

Die Sederberg se kreu­kel­land­skap is uit­son­der­lik. Hier tref ’n mens uit­sig­te én in­sig­te aan – eers­ge­noem­de om­trent el­ke keer wan­neer jy jou ste­wels se ve­ters knoop en ’n ent stap; laas­ge­noem­de wan­neer jy met ge­ves­tig­de boe­re­fa­mi­lies ge­sels, rots­kuns van der­dui­sen­de ja­re ge­le­de be­kyk en rooi­bos­tee­stin­gels oor jou palms voel.

Groot de­le van die Sui­de­li­ke Sederberg is in 2016 be­ska­dig in ’n veld­brand, on­der meer die Wolf­berg­skeu­re en -boog, Ta­fel­berg en Wel­be­dacht (sien die kas­sie op bl. 34). Maar hier is nog ge­noeg mooi plek­ke en af­draai­paad­jies om te ver­ken.

Dis ’n wê­reld wat wýd lê, met (in­dien jy nie ’n 4x4 of ’n mo­tor­fiets ry nie) slegs twee be­hoor­li­ke toe­gangs­paaie: Ten sui­de van die berg kan jy van die N7 an­der­kant Citrus­dal af al die pad deur­ry tot by Op-die-Berg noord van Ce­res (of an­der­kant toe!); die Noor­de­li­ke Sederberg is weer van Clan­wil­li­am of Nieu­woudt­vil­le af be­reik­baar.

Ons het al­bei dié hoof­paaie ge­ry en die lek­ker­ste bly­plek­ke, mooi­ste stap­roe­tes en top-af­trek­plek­ke uit­ge­snuf­fel. Waar­voor wag jy? Kies jou kol en ry! >

HOU MOED. Die steil stap tot by die Mal­te­se Kruis op die ge­lyk­na­mi­ge roe­te is die kuit­krag werd – bring ’n piek­niek­mand­jie en ge­niet ’n uit­sig oor die gan­se Sederberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.