BLY HIER

Weg! - - Inhoud -

Op die B­les­fon­tein-gas­te­plaas bui­te Sut­her­land gáán jy hel­der ster­re sien... én dalk sneeu!

Waar­voor kom men­se ge­woon­lik Sut­her­land se kant toe? Vir ster­re en sneeu. Van eers­ge­noem­de kan jy op B­les­fon­tein ver­se­ker wees; en ás die dis­trik sneeu kry, lê B­les­fon­tein se werf ook wit.

Die plaas lê soos die kraai vlieg 22 km suid­wes van die dorp. Op B­les­fon­tein kan ’n mens a­sem­haal. Daar is al­kant toe ruim­te vir voet­slaan of fiets­ry, en die swet­ter­joel plaas­die­re sorg dat jy men­se­ge­sel­skap glad nie mis nie: Hier’s hon­de, kat­te, hoen­ders, een­de, ’n werf­vark en ’n mak meer­kat, Ap­pa­loos­a­per­de en al­pak­kas en selfs ’n plaas­dam vol koi­vis­se. Duik in en swem saam met hul­le!

Hier is ook ’n wild­kamp met ver­skeie bok­soor­te, wil­de­bees­te, se­bras en klein­wild. En hou jou oë oop vir ui­le en a­ren­de – hul­le is vol­op!

So­wat 5 km van die werf af is ’n uit­kyk­punt óp die Rog­ge­veld­berg se pla­to­rand.

Dis ’n plek vir lánk sit. Voor jou val die wê­reld weg en ’n mens kan tot dóér on­der in die Tank­wa sien.

En as jy nóg ver­der wil kyk, kan jy saans saam met die boer, Ni­col van der Merwe, om sy te­le­skoop saam­trek. Dis lek­ker om toe­ge­woel in ’n kom­bers met ’n soet­wyn­tjie in die hand te sit en luis­ter na wat al­les doer bo ge­beur. Hoe lyk die bly­plek? Ver­skil­len­de bui­te­ge­boue en stal­le op die werf is in woon­een­he­de om­skep. Dit wis­sel in groot­te (met slaap­plek vir drie tot vyf men­se). Die mees­te hui­sies het self­sorg­ge­rie­we, ter­wyl twee van die een­he­de ’n ge­meen­skap­li­ke kom­buis deel. As jy nie self wil kos­maak nie, re­ël met Ni­col se vrou, Ma­ri­na, vir e­tes. ’n Ste­wi­ge ont­byt kos R120 p.p. (R60 vir kin­ders jon­ger as 12) en ’n drie­gang-aand­e­te R450 p.p. (R120 vir kin­ders jon­ger as 12) – dit sluit ’n bot­tel wyn in. Hier’s ook twee weg­neem­e­te-op­sies: skaap­tjops en slap­tjips vir R130 p.p. of ker­rie en rys vir R80 p.p.

Die De Hoop-huis (met twee bad­ka­mers en slaap­plek vir tien) s­taan 65 km van die plaas­werf af op sy eie in die veld en het geen e­lek­tri­si­teit nie (’n don­kie sorg vir warm wa­ter!), en gas­te moet hul­le eie bed­de­goed, op­was­goed en al­les an­ders wat jy dink jy mag no­dig kry, saam­bring. Wat nog? Sel­foon­ont­vangs is skraps. Dit raak kóúd in die win­ter – ont­hou jou dons­baad­jie, hand­skoe­ne, mus én warm­wa­ter­bot­tel! Ge­luk­kig het die hui­sies kag­gels. Waar? Draai 3 km suid van Sut­her­land wes op die grond­pad na Tank­wa. (Die pad­wy­ser lees “Ou­berg/Bo-Vis­ri­vier”.) Hou vir 22 km reg­uit­aan tot by die D­rie­fon­tein-plaas en volg van hier af die aan­wy­sers na B­les­fon­tein – nog so­wat 5 km ver­der. GPS S32.46799 E20.43673 Kos­te R330 tot R400 p.p.p.n. (R150 vir kin­ders jon­ger as 12) vir die een­he­de op die werf; R150 p.p.p.n. vir De Hoop (R50 vir kin­ders jon­ger as 12). Kon­tak 023 571 2631; 083 444 5810; b­les­fon­tein.co.za

– Sophia van Taak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.