VOORAF

Weg! - - Inhoud -

Sê jou sê – bl. 10 Kyk hier – bl. 16 Goed om te weet – bl. 18 Veld­fei­te & S­ter­re­weg – bl. 20 Af­trek­plek – bl. 22 Ons ge­sels met – bl. 24 Boe­ke & Mu­siek – bl. 26

Een van my skoon­ma, Smé van Zyl, en my oor­le­de skoon­pa se wen­se was om St. Helena-eiland te be­soek. Hul­le het oor die ja­re by­kans el­ke boek oor die Ang­lo-Boe­re­oor­log ver­slind. Hul­le kon on­ge­luk­kig nooit met die HMS St. Helena soon­toe vaar nie. Maar die bou van die lug­ha­we het din­ge ver­an­der.

So het dit ge­kom dat Ou­ma en 20 van haar kin­ders, klein­kin­ders en ag­ter-klein­kin­ders van O.R. Tam­boin­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we na die eiland vlieg vir haar 90ste ver­jaar­dag!

Hier sit ons op Ja­cob’s Lad­der in Ja­mes­town. Die groep het ’n be­roe­ring op die eiland ver­oor­saak en oral waar ons ge­kom het, het die men­se ge­weet van hier­die groep toe­ris­te. Suid-A­fri­ka­ners kan baie by die Saints (dis hoe die plaas­li­ke men­se hul­le­self noem) leer oor hoe om ’n mens wel­kom te laat voel. Dit was ’n on­ver­geet­li­ke er­va­ring! Ons het ge­snor­kel­duik, ge­sku­ba­duik, vis­ge­vang, Di­a­na’s Pe­ak uit­ge­stap, Na­po­le­on se wo­ning Long­wood Hou­se en sy graf be­soek, boe­re­krygs­ge­van­ge­nes se graf­te be­soek en gholf ge­speel op “the most re­mo­te golf cour­se in the wor­ld”.

On­ge­luk­kig is daar nog nie ’n toe­stro­ming van toe­ris­te soos wat hul­le ver­wag het die lug­ha­we sou bring nie. Ho­pe­lik baan Weg die weg.

WILLIE FOURIE, S­tel­len­bosch

(Lees Sophia van Taak se reis­dag­boek oor St. Helena op bl. 42. – Red.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.