EET HIER

Weg! - - Inhoud -

Sit on­der ’n ta­maai ka­ree­boom (of bin­ne by die kag­gel) by die O­li­ve Ter­ra­ce Bis­tro op Tul­bagh en be­stel ’n Kaaps-Ma­lei­se lam­sker­rie

Die per­so­neel groet vrien­de­lik ter­wyl ek met die trap­pies op­stap na die stoep van die O­li­ve Ter­ra­ce Bis­tro. ’n Kel­ne­rin be­duie ons na ’n ta­fel on­der ’n ta­maai ka­ree­boom – hier’s ook ’n kag­gel bin­ne vir koue dae.

Die Bis­tro is in die Tul­bagh Bou­ti­que He­ri­ta­ge Ho­tel. De­le van die ho­tel da­teer uit die mid­del 1800’s en som­mi­ge ge­boue is selfs ou­er, soos die Win­ter­hoek Ma­nor (1813) en Toll Hou­se (1809) oor­kant die pad. Dié Bo­land­se dorp het geen te­kort aan Kaap­sHol­land­se hui­se met ge­wels, gras­dak­ke en don­ker­groen deu­re nie. Dis nie toe­val­lig nie: Ná die ver­woes­ten­de aard­skud­ding in 1969 is baie van die ge­skied­kun­di­ge ge­boue nou­keu­rig ge­re­stou­reer.

Ek is ra­send en die à la car­te-spys­kaart lyk ver­lei­de­lik: ge­roos­ter­de var­klies (R120), Kaaps-Ma­lei­se lam­sker­rie (R135), en tra­di­si­o­ne­le pa­el­la (R120). Ek be­sluit op die Mex­i­kaan­se hoen­der (R95), en my kol­le­ga be­stel die 300 g-kruis­skyf (R145). Die wyn­lys sluit die bes­te van die pla­se in die om­ge­wing in en die mees­te is te koop per glas (so­wat R30).

Ont­byt word tot 11 vm. be­dien met staat­ma­kers soos ’n drie-ei­e­ro­me­let (R65), en meer luuk­se ge­reg­te soos Eggs Roy­a­le – ge­po­sjeer­de ei­ers bo-op ’n pam­poen­koe­kie met ro­ket en ge­rook­te fo­rel en hol­lan­dai­se­sous (R95). La­ter in die dag is lig­te e­tes be­skik­baar, soos toe­brood­jies met vul­sels soos a­vo­ka­do­peer en ert­jie of ge­vlok­te vark­vleis (al­bei R85). (Die spys­kaart ver­an­der ge­reeld en is sei­soe­naal; dus kan dit an­ders lyk as jy daar draai.)

Dis al ske­mer en die Win­ter­hoek­berg gloei pienk in die ver­te.

Con­sol-glas­lan­terns be­gin flon­ker ter­wyl dit don­ker word; en die fee­tjie­lig­gies om die ka­ree­boom se stam be­gin flik­ker. Ons klink ’n gla­sie op Tul­bagh en val weg. Wat nog? As jul­le lus het vir iets ligs of iets wil vier, mik vir die ho­tel se Ka­ree Ta­pas and Wi­ne Bar vir ta­pas, piz­za, boe­tiek­bier of gin­ske­mer­kel­kies. Oop El­ke dag van 8 vm.-9 nm. Die re­stau­rant is baie ge­wild; be­spreek liefs vooraf. Waar? Van der S­tel­straat 22, Tul­bagh. Dis on­ge­veer 120 km van Kaap­stad af via die N1 en die R44 – ry ge­rus uit vir ’n Son­dag­mid­dag­e­te. Kon­tak 023 230 0071; tul­bag­hho­tel.co.za

– S­hel­ley Chris­ti­ans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.