’n V­lie­ten­de s­torm

Weg! - - Briewe Vooraf -

Die og­gend van 14 Fe­bru­a­rie was die lug pot­blou in die Augra­bies­wa­ter­val- na­si­o­na­le park. Ons het die Gor­ge-roe­te ge­stap en toe die 90 km-wil­droe­te gaan ry. Teen 10 vm. is dit reeds 32 ºC, niks on­ge­woons vir dié wê­reld nie. Teen 1 nm. hang ’n paar wol­kies in die lug, en ’n uur la­ter kon jy sien iets is aan die broei.

Ons ry te­rug in die rig­ting van die rus­kamp, ver­by Eg­go­hoek en Oran­je­kom ter­wyl don­ker wol­ke saam­pak. ’n Half­uur la­ter is die s­torm na­by en ons sien dié skrik­wek­ken­de “berg,” wat ál ma­lend na­der kom. Dis nie ’n kop­pie op die fo­to nie – dis ál­les net s­torm! Jy kon sien hoe die grond en stof op­ge­suig word en weer bo uit­kom.

Ons is net be­tyds te­rug by die kamp toe din­ge in al­le ge­weld los­bars: stof, wind en re­ën net waar jy kyk! En bin­ne ’n half­uur is al­les ver­by. Daar was groot ska­de aan die om­ge­wing en spe­si­fiek in die park. Tal­le tak­ke was ge­breek, bo­me ont­wor­tel en dak­pa­ne­le af­ge­waai.

DERICK EN ADRI TEN KROODEN, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.