Die steen­bok­kie wat weg­ge­kom het...

Weg! - - Briewe Vooraf -

Ons het in Sep­tem­ber ver­le­de jaar op drie jag­lui­perds af­ge­kom na­by die Mid­del­vlei-wa­ter­gat op die H1-6 tus­sen die Mo­pa­nie- en Le­ta­ba-rus­kamp. Die jag­lui­perd­wy­fie en twee jon­ges het oor die pad die lang gras in­ge­stap.

Die vol­gen­de oom­blik sien ons ’n steen­bok­kie in die jag­lui­perd se kloue. Dit lyk toe as­of die jag­lui­perds nie weet wat om met die prooi te maak nie. Die steen­bok spring op en pro­beer weg­kom, maar een van die jon­ges kry die bok­kie weer beet. Maar die steen­bok kom weer los en laat spaan­der.

Die jag­lui­perds moes toe maar hon­ger bly. Ons en net nog een voer­tuig het die pe­tal­je dop­ge­hou.

RONÉLL VAN DER MERWE, Baps­fon­tein

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.