Be­nou­de oom­blik­ke in die Kru­ger

Weg! - - Briewe Vooraf -

Jam­mer dat die fo­to (in­las) so on­dui­de­lik is, maar dis deur die voor­ruit ge­neem ter­wyl ons aan ’t be­we was. Ons het by die N­kuhlu-piek­niek­plek in die Kru­ger­wild­tuin ge­wag vir ’n trop o­li­fan­te om weg te be­weeg van die in­gang af.

Ons “ken” mos o­li­fan­te... Ons kom im­mers ge­reeld in Ad­do-o­li­fant- na­si­o­na­le park. Ons wag rus­tig dat hul­le ver­by­stap.

Dit is toe ook so, tot die laas­te koei die trop ver­laat en na ons toe loop. Tyd vir ‘n plan B is daar nie. Ons het oog­kon­tak ver­my, dood­stil ge­sit en oop­oë ge­bid ter­wyl ons be­soe­ker die mo­tor ver­sig­tig van die sier­roos­ter af oor die en­jin­kap tot by die voor­ruit deur­soek. My dap­per vrou, Jo, het dié fo­to ge­neem. Ta het la­ter sta­dig weg­ge­draai. Ons het weer a­sem­ge­haal.

Na­by die Tim­ba­va­ti-piek­niek­plek lê twee mooi leeus dig­by die pad. Ek neem fo­to’s met my lang­lens deur Jo se ven­ster. Toe ons la­ter na die fo­to’s kyk, was ons ver­baas om te sien hoe na­by die leeu aan Jo was!

Die aand in die kamp gil Jo en tel haar voe­te hoog in die lug op. Net langs haar stoel is ’n ys­li­ke bob­be­jaan­spin­ne­kop. Ons wou mos kom a­von­tuur soek in die Kru­ger!

JAN VAN DER WESTHUYSEN, Port E­li­za­beth

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.