SATERDAG

Weg! - - St. Helena Reis -

’n Paar van ons wag in die O.R. Tam­bo­lug­ha­we se ver­trek­saal – meest­al Saints (dis hoe St. Helena se in­wo­ners na hul­le­self ver­wys) wat te­rug­vlieg huis toe, maar ook ’n Fran­se paar­tjie, ’n vrou van P­re­to­ria, He­ster P­re­to­ri­us, en haar ma, ook He­ster, ’n B­rit­se stap­boek­skry­wer, Will At­kins, en ’n stil man wat aan­dag­tig blaai deur Ge­rald Ho­ber­man se boek Lig­ht­hou­ses of Sout­hern A­fri­ca. ’n Wa­re mot­ley crew. St. Helena is ook net só groot – ek ver­moed ons gaan me­kaar in die ko­men­de week nog baie sien.

Die vlieg­tuig land in Wind­hoek vir brand­stof (daar moet ge­noeg in die tenk wees in­ge­val ons nie an­der­kant kan land nie en óf na Ascen­si­on-eiland óf te­rug moet vlieg).

Vir vyf uur daar­na sien ek net ’n dig­te wolk­bank en na­der­hand die ein­de­lo­se blou At­lan­tie­se O­se­aan. En toe is daar skie­lik iets an­ders... St. Helena-eiland rys uit die see. Met ’n wye draai na­der ons die wes­te waar die lug­ha­we lê wat die SuidA­fri­kaan­se in­ge­ni­eurs­fir­ma Ba­sil Re­ad ge­bou het – ’n e­nor­me pro­jek vir só ’n brok­kie in­fra­struk­tuur.

Die Saints droom al de­ka­des lank van ’n lug­ha­we. (Bui­ten Ascen­si­on-eiland is die naas­te stuk land die Ku­ne­ne­ri­vier­mond, soos die kraai vlieg 1 950 km oos, met Rio de Ja­nei­ro 4 000 km in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting). Ten­der­pro­ses­se, lo­gis­tiek en po­li­tie­ke­ry het din­ge on­no­dig laat sloer, maar hier is hy nou uit­ein­de­lik – na­dat hul­le eers ’n nu­we kaai én ’n 14 km lan­ge pad moes bou om die kon­struk-sie­voer­tuie en -ge­reed­skap op die bou­per­seel te kry, drie jaar lank ’n kloof van so­wat 100 m diep moes vul om ’n lang ge­noeg ge­lyk stuk grond te kry en tóé eers die aan­loop­baan van kort dus­kant die 2 km kon bou. Net om daar­na te be­sef die tur­bu­len­sie en daal­win­de is só kwaai, dis te ge­vaar­lik om ’n groot pas­sa­siers-vlieg­tuig hier te land!

Ek vóél die ferm hand van daar­die daal­win­de soos wat ons hon­derd­sit­plek­tui­gie die lan­ding­strook – wat al­kant ’n lood­reg­te krans tot in die see het! – na­der. Uit die hoek van my oog sien ek ’n see­red­dings­boot­jie dob­ber. Die span­ning in die ka­juit is tas­baar, al­mal hou asem op.

Die lan­ding is toe glad nie so erg nie. ’n Paar be­nou­de oom­blik­ke se ge­wag­gel, maar toe trek die vlie­ë­nier die hand­rem op en bring ons vei­lig tot stil­stand. S­joe, uit pu­re ver­lig­ting be­dank ons die vlie­ë­nier met ’n lui­de ap­plous! Ek gaan vir ’n paar aan­de by De­rek en Lin­da Ri­chards se Tra­vel Lod­ge in die St. Paul’s­dis­trik tuis. Dit lê op ’n kruin bo die hoof­dorp, Ja­mes­town, en is een van agt dis­trik­te wat met die eiland se hoof­paaie ver­bind is.

’n “Dis­trik” is eint­lik ’n buurt van hui­se wat saam­ge­groe­peer s­taan op ’n knol of teen ’n berg­hel­ling waar die Saints kans ge­sien het om te bou. Want al is die eiland (121 km²) net so groot soos ’n hal­we Bloem­fon­tein, is dit al­ler­mins Vry­staat-plat!

Die kom­buis­ra­dio speel coun­try-mu­siek en Lin­da sing sag­gies saam ter­wyl sy aand­e­te maak. De­rek skink dran­kies – St. Helena spog met KWV-wit­wyn! Hul­le ne­ge­ja­ri­ge klein­dog­ter, Jor­dyn, sit en wis­kun­de­huis­werk doen en ek vra De­rek uit oor die skool­stel­sel: Hier’s drie la­er­sko­le en een ho­ër­skool en St. Helena volg die B­rit­se leer­plan. As jy ná skool wil stu­deer, is dit Kaap­stad of Lon­den toe vir ’n paar jaar.

’n Mens sou dink die jong­men­se kom nie weer te­rug nie, maar die Saints ver­lang na hul­le eiland se oop­tes en rus­ti­ger pas. Ja, baie werk wel in die bui­te­land, maar kom kui­er ge­reeld. Nou­dat die lug­ha­we ge­o­pen is, ho­pe­lik selfs meer!

Die Saints is ge­mak­li­ke, warm men­se. Op pad hier­heen het el­ke mo­tor­be­stuur­der vir ons ge­wuif of gou deur af­ge­draai­de rui­te ’n woord­jie ge­wis­sel. Dis ’n klein, heg­te ge­meen­skap met ’n po­si­tie­we e­ner­gie wat jy som­mer da­de­lik op­merk. Hier’s be­perk­te werks­ge­leent­he­de, maar die Saints maak ’n plan: De­rek is op­ge­lei as brand­weer­man en hy was ook al ’n nuus­le­ser op die plaas­li­ke ra­di­o­sta­sie, so­wel as die eiland se lyk­be­sor­ger. Dees­dae is hy ’n gas­te­huis­ei­e­naar, by­e­boer, paal­tjie­wag­ter en ook die voor­sit­ter van die eiland se toe­ris­me­ver­e­ni­ging. Hy dra ’n T-hemp waar­op s­taan “Le­ga­li­sed Pot,” met ’n groot geel drie­poot­pot­jie daar­by. Die fyn­skrif sê “Nou gaan ons braai.” Ek voel bit­ter­ver van die huis, maar ter­self­der­tyd heel tuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.