LIN­DA-MARI POCSI

Weg! - - Oos-afrika Reis -

Ni­kon D7100 Ni­kon 55-200 mm-lens

LIN­DA-MARI VER­TEL: Daar was dié dag dui­sen­de van hier­die krap­pies op die s­trand by Bi­le­ne, Mo­sam­biek, maar el­ke slag wan­neer ek na­der be­weeg het, het hul­le na hul­le gaat­jie laat spaan­der.

Ek het toe maar een van die gaat­jies ge­kies en plat op my maag na­by gaan lê...

Uit­ein­de­lik het hier­die ou­tjie kom koe­ke­loer wat bui­te aan­gaan.

TO­AST SÊ: Als gaan hier oor per­spek­tief en fo­kus­diep­te. Lin­da-Mari sou nooit die­self­de ef­fek kon kry deur die fo­to uit ’n staan­de po­si­sie te neem nie: Deur plat te gaan lê het sy op die­self­de vlak as die krap ge­kom en dís wat die fo­to ka­rak­ter gee.

Dit voel nou as­of ons by die krap aan huis is. (Gaan ons dalk bin­ne- ge­nooi word vir ’n kop­pie tee?)

Die fo­kus­diep­te ver­sterk hier­die ef­fek, want die fo­kus is nét op die krap se o­gies (en so ’n hal­we been wat aan die kant uit­steek). Die ag­ter­grond is uit fo­kus ge­gooi (Lin­da-Mari se lens­o­pe­ning was f4.8) en die krap – wat die­self­de kleur as die sand is – sal nie in die ag­ter­grond “ver­dwyn” nie.

Wat eet jy vir aand­e­te, Krap? Oor­skiet dalk?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.