FRED KEIJZER

Weg! - - Lesersfoto’s Mense Se Lense -

iP­ho­ne 7

TO­AST SÊ: Fred is van Ne­der­land en het hier­die mooi fo­to by Na­mi­bië se Vis­ri­vier­ca­nyon ge­neem. Hy het deel­ge­neem aan ’n fiets­toer deur die om­ge­wing.

Par­ty land­skap­fo­to­gra­we hou nie van men­se op hul­le fo­to’s nie, maar ek dink dit werk goed hier. Dis ook meer as net ’n land­skap­fo­to – dis ’n reis­fo­to. ’n Goeie reis­fo­to plaas die ky­ker dáár. Jy voel deel van die ak­sie. Deur die per­soon op die rand van die af­grond af te neem slaag Fred daar­in om jou te laat voel as­of dit jý is wat so in die diep­tes in af­tuur.

Die teen­woor­dig­heid van ’n mens bring ook ’n bie­tjie ge­voel na die to­neel. ’n Mens dink wye ge­dag­tes by só ’n na­tuur­won­der, en wan­neer ek na Fred se fo­to kyk, is dit as­of ek ook vir ’n oom­blik die­per oor die le­we wil dink.

Die fo­to is ook suk­ses­vol om­dat Fred en­ke­le ba­sie­se goed­jies reg ge­doen het. Die re­ël van der­des is ge­volg, met die per­soon wat so­wat een der­de van links in die raam s­taan. Hy kon die der­des ver­der ge­voer en min­der lug in­ge­sluit het so­dat die lug een der­de van die raam uit­maak, en die land­skap twee der­des (op die oom­blik vul elk om­trent helf­te van die raam).

Die per­soon s­taan ook baie goed uit bo die ho­ri­son, wat be­lang­rik is as jy ’n sterk sil­hoe­ët soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.