MAANDAG

Weg! - - St. Helena Reis -

Ge­du­ren­de die Ang­lo-Boe­re­oor­log is Boe­re in hul­le hon­der­de met ske­pe na St. Helena ge­bring tot­dat die twee kon­sen­tra­sie­kam­pe – De­ad­wood en Bro­ad­bottom – uit­ein­de­lik 5 865 in to­taal ge­huis­ves het. Ná die oor­log is al­le oor­le­wen­des weer huis toe, bui­ten vyf wat op in­wo­ners ver­lief ge­raak het en ge­kies het om te bly.

Hier waar ek nou al­leen in die Boe­re­be­graaf­plaas langs die K­nol­l­com­bes-ker­kie sit, voel ek skoon e­mo­si­o­neel. Nie so­seer oor die lot van die Boe­re nie, eer­der oor die men­se wat in ’n oor­log by her­ha­ling ver­lies moet be­leef.

Neem by­voor­beeld die man wat nef­fens my in graf nom­mer 34 lê. Vol­gens die lys na­me van die ge­stor­we­nes op die ge­denk­naald is dit M.J.H. Bos­hoff.

Hy was van Pot­chef­stroom se dis­trik, waar­uit ’n mens kan af­lei dat sy kom­man­do by die Slag van Paar­de­berg saam met ge­ne­raal Piet Cron­jé oor­rom­pel en ge­van­ge ge­neem is.

’n Maand la­ter s­taan hy op die ag­ter­skip van die Mil­wau­kee en kyk hoe Ta­fel­berg krimp. Wat gaan dan deur jou ge­dag­tes?

Is jy, ’n ge­bo­re bin­ne­lan­der, pa­nie­ke­rig oor al die wa­ter en skip se ge­wieg? Won­der jy hoe lank die Boe­re­mag­te nog kan wal­gooi? Want La­dy­smith het in­tus­sen ge­val, Bloem­fon­tein ook… Die oor­log kan nie vir al­tyd duur nie, een van die dae sal ek my vrou, ons kin­ders en die plaas weer sien. Net kop­hou nou. En vas­byt. >

Een jaar, een maand en ’n week – dís hoe lank Bos­hoff op St. Helena kon uit­hou. Hy’ t as 30-ja­ri­ge jong man in hier­die e­wig­du­ri­ge klam­mig­heid aan ’n long­kwaal ge­sterf.

Ek her­ken Will voor in die pad aan sy rooi rug­sak­kie en hou stil.

Hy’s op pad na die mu­ra­sie van Ed­mond Hal­ley se ster­re­wag (dié het in 1676 hier kom draai om die Sui­de­li­ke Half­rond se ster­re­he­mel te do­ku­men­teer). Ek gee hom ’n lift tot waar die voet­pad na die ster­re­wag be­gin en ter­wyl Will die heu­wel uit­klim, dwaal ek deur ’n kerk­hof­fie daar na­by.

Toe Will te­rug­kom (daar is net kuit­hoog­te muur­tjies van die ster­re­wag oor), sit ons tus­sen die ou, hand­ge­kerf­te graf­ste­ne oor­trek met mos­baar­de en deel in stil­te ’n Crun­chie.

In die vars rui­kers op van die graf­te tref ek ’n al­le­daags­heid aan wat my ver­ras. St. Helena ís af­ge­son­der en het baie din­ge nie: ’n win­kel­sen­trum, bi­o­skoop… Maar wat het ek ver­wag? Die men­se lei ge­wo­ne le­wens, nes ek en Will.

Toe ek gis­ter­aand heel ver­leë dié in­sig met De­rek deel, het hy lag­gend ge­ant­woord: “Nee, jy’s ver­keerd! Ons wag net tot­dat jul­le spul toe­ris­te op daar­die vlieg­tuig klim, dan trek ons weer ons gras­rom­pies aan!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.