DINSDAG

Weg! - - St. Helena Reis -

Ek het van St. Paul’s na Ja­mes­town ver­sit en bly nou in die Blue Lan­tern-gas­te­huis aan die on­der­punt van Ja­cob’s Lad­der.

Wan­neer ek by my ven­ster uitkyk, sien ek dié for­mi­da­be­le stel trap­pe wat vroe­ër die ba­sis was van ’n sweef­spoor tus­sen die dorp en die fort aan die bo­punt. Ek sien ook die stoor­ka­mer waar been­de­re be­waar word wat so­wat ’n de­ka­de ge­le­de met grond­ver­skui­wing in mas­sa­graf­te ont­dek is.

Al­bei pla my. Die trap om­dat ek byna ver­plig voel om dit uit te klim; die been­de­re om­dat dit so­wat 25 000 naam­lo­se sla­we uit Afrika ver­teen­woor­dig wat ná die af­skaf­fing van sla­we­han­del in 1807 deur die B­rit­se Vloot van ske­pe on­der­weg na A­me­ri­ka “ge­red” en hier af­ge­laai is.

G’n plek op aar­de se ge­skie­de­nis is son­der vlek­ke nie. Vir die so­wat 4 500 per­ma­nen­te in­wo­ners is dié sla­wes­to­rie ’n teer punt. Maar dit is ook in­een­ge­vleg by som­mi­ge se her­koms – net soos die sterk lyn van die groot C­hi­ne­se ar­bei­ders­korps wat vroe­ër hier was, en die Fran­se, Ne­der­land­se en Por­tu­ge­se in­vloe­de.

Die Saints is nou hul­le eie volk, met ’n di­a­lek van die ko­nin­gin se In­gels wat van hul­le ton­ge af rol.

Van­aand be­derf ek my met din­ner for one by die def­ti­ge Man­tis Ho­tel.

Dit voel roe­ke­loos om vrou­al­leen deur die don­ker stra­te te loop, maar die Saints ver­se­ker my weer en weer: dis vei­lig. Kyk, die mo­tors s­taan dan met oop ven­sters en die sleu­tel nog in­ge­steek.

Hier’s wel ’n po­li­sie­kan­toor en ’n tronk met tans twee ag­ter tra­lies. Maar hul­le oor­tre­dings is skyn­baar só ge­ring, nie­mand kan met se­ker­heid sê wat hul­le ge­son­dig het nie.

Ek tref die Fran­se paar­tjie in die eet­ka­mer aan. Dit raak ’n jo­li­ge aand saam met Marc Boré en Di­a­ne de Sel­liers van Pa­rys. Die kos is geu­rig en die diens skaf­lik. Die kel­ne­rin se y­wer om ons te­vre­de te hou spreek van die eiland se wil om toe­ris­me te laat werk.

Ná ete dwaal ek deur die smal straat­jies op soek na die bron van mu­siek wat ek van ver af hoor. A, dit kom uit daar­die woon­stel­le­tjie! “Won’t so­mebo­dy co­me and res­cue me? I am stran­ded, caug­ht in the cross­fi­re!” Die san­ger se ras­per­stem klink nés S­te­vie Ray Vaug­han s’n en in die ag­ter­grond looi ’n be­gees­ter­de pi­a­nis die key­bo­ard- kla­wers.

Toe hul­le klaar is, roep ek on­der van die sy­paad­jie af vir ’n en­co­re en twee ou­ens loer by die skuif­raam­ven­ster uit. Só ont­moet ek vir Mat­thew Wil­li­ams en Han­sel Ben­nett, of­te­wel S­qua­re en Se­a­bi­rd. Hul­le oe­fen vir Don­der­dag­aand se gig by die Wic­ked Wa­hoor­e­stau­rant. “Hi ya, luv! We be ha­vin’ a fish fry. Co­me on ova!” Dan­kie! Maar wat’s die ge­leent­heid? “Why, it’s Maun­dy T­hurs­day!” A, die Don­der­dag voor Paas­na­week, tref dit my op pad gas­te­huis toe. Bui­te die Blue Lan­tern steek ek vas – daar­die stoor­ka­mer­tjie spook by my. Ek gaan s­taan voor die hout­deur waar­aan ’n groot slot en twee strin­ge ge­bed­skra­le hang, on­der ’n plak­kaat­jie met ’n aan­ha­ling van Ma­di­ba: “For to be free is not me­re­ly to cast off one’s chains, but to li­ve in a way that re­spects and en­han­ces the free­dom of ot­hers.”

Na­vor­sers pro­beer nou met DNS-toet­se vas­stel waar­van­daan die sla­we was en dit le­wer ook an­der be­vin­dings: Die groot­ste aan­tal was kin­ders jon­ger as 12 en só siek en swak dat hul­le in die eer­ste paar jaar om­ge­kom het.

’n Klomp is as “kon­trak­ar­bei­ders” na B­rit­se ko­lo­nies ge­neem om op sui­ker­plan­ta­sies te werk. Maar vir G­ha­na, Ni­ge­rië en Ka­me­roen sou hul­le nooit weer sien nie. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.