VRY­DAG

Weg! - - St. Helena Reis -

An­ders as ti­pie­se ei­lan­de het St. Helena nie wit swem­stran­de met palm­bo­me nie, en die see­stro­me is sterk. Maar van­og­gend het De­rek vir my en Will aan die sui­de­kant lief­li­ke ge­typoe­le gaan wys waar jy vei­lig kan swem: Lot’s Wi­fe’s Ponds.

Die voet­pad soon­toe slin­ger oor vul­kaan­kran­se en ver­by nes­te van bril­mal­gas­se wat nog nie vir die mens leer skrik het nie. Weer eens het St. Helena ’n oor­maat a­von­tuur op­ge­dis en ek het ge­dink: Dít is se­ker hoe sir Da­vid At­ten­borough op el­ke eks­pe­di­sie voel.

Maar hier waar ons drie en Lin­da nou op ’n uit­hoe­kie van die eiland s­taan en ske­mer­kel­kies drink, be­gin my hart sink. Dié suid­wes­te­li­ke punt­jie van St. Helena is uit­son­der­lik af­ge­leë. Van al die dra­ma­tie­se uit­sig­te oor see, val­leie en wolk­wou­de, is dit dié een wat my sal by­bly.

Maar daar’s nóg iets wat my oë wil-wil wa­sig maak: Hier­die men­se wat my so son­der skroom in hul­le wê­reld be­trek het. Dít is ook die be­ko­ring van St. Helena.

Sophia het as gas van St. Helena-toe­ris­me ( st­he­le­na­tou­rism.com) ge­reis. Vir ’n vol­le­di­ge gids van die doen­din­ge op St. Helena-eiland, en hoe om op die eiland te kom, sien Weg #165.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.