Hom­mel­tuie help vo­ëls

Weg! - - Kortliks -

’n Hom­mel­tuig ( dro­ne) is vir baie men­se ’n steur­nis, ’n ir­ri­te­ren­de speel­ding wat ver­bo­de is in na­si­o­na­le par­ke. Maar Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring span dié teg­no­lo­gie nou in om see­vo­ëls te help be­waar.

Die broei­pa­re van be­dreig­de vo­ël­spe­sies op die Dy­er­ei­land-na­tuur­re­ser­vaat na­by Pe­ar­ly Be­ach in die O­ver­berg moet el­ke maand ge­tel word om te kyk hoe die be­vol­kings wis­sel. Voor­heen moes per­so­neel dit te voet doen met be­hulp van ver­ky­kers en no­ta­boe­kies – son­der om die broei­pa­re te ver­steur.

Die Lei­den-be­wa­ring­stig­ting het eg­ter geld ge­skenk vir hom­mel­tuie om dié ta­kie oor te neem. De­on Gel­den­huys, hoof van be­wa­ring by die na­tuur­re­ser­vaat, sê: “Dis ’n vin­ni­ger en min­der steu­ren­de ma­nier om vo­ëls te tel – die bat­te­ry-aan­ge­dre­we hom­mel­tuig maak min ge­raas. Nou kan ons ook de­le van die eiland sien wat moei­lik is om te be­reik.”

De­on sê die hom­mel­tuig­me­to­de word nou op Dy­er­ei­land ge­toets. “As ons te­vre­de is met die re­sul­ta­te, sal ons dit ook uit­brei na an­der Kaap­se Na­tuur­be­wa­rings­ge­bie­de waar vo­ël­tel­lings net so nood­saak­lik is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.