HELP RENOSTERS, BRAKKE

Weg! - - Kortliks -

San­par­ke se K9-hon­de-een­heid veg in die voor­ste li­nie teen re­nos­ter­stro­pers: Dié op­ge­lei­de hon­de volg stro­pers se spoor en snuf­fel on­wet­ti­ge vuur­wa­pens, re­nos­ter­ho­ring of i­voor uit wat die park ver­laat. Maar dit kos geld om hul­le op te lei en te on­der­hou – een hond se kos be­loop R1 000 per maand! Daar is tans 60 van dié hon­de in die Kru­ger­wild­tuin se K9-een­heid.

Daar­om het die San­par­ke-e­re­veld­wag­ters se WesRand-streek Pro­ject Dog Bo­wl van sta­pel ge­stuur: Jy kan ’n sken­king maak en help om dié hon­de­hel­de se kos­bak­ke vol te hou.

HOE SKENK EK GELD?

Plaas dit oor na: San­parks Ho­no­ra­ry Ran­gers, Ned­bank, Die Heu­wel E­ma­lahle­ni (tak), 158 550 (tak­ko­de), 1585 392 448 (re­ke­ning­nom­mer). Ge­bruik “WRND Do­gBo­wl + jou naam” as ver­wy­sing.

Stuur ’n e-pos na Mau­r­een-Ruth Bur­gess by da­kel@tel­kom­sa.net om jou sken­king te be­ves­tig of vir meer in­lig­ting. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.