PADMUSIEK

Weg! - - Boeke En Musiek - – To­ast Coet­zer

Glum

deur Giant Sand

Nou­dat ek 40 is, be­sef ek dat die 1990’s – die de­ka­de toe ek stu­dent was en báie mu­siek ge­luis­ter het – nou lank ge­noeg in die ver­le­de lê om met per­spek­tief te kan sê wat­ter bands en al­bums stééds goed klink. Hier­die is só ’n al­bum. Toe Glum in 1994 uit­ge­reik is, was grun­ge nog aan die af­blaas in A­me­ri­ka, maar in A­ri­zo­na het Giant Sand reeds be­gin roer met ’n gen­re wat soms nog Alt. Coun­try ge­noem word, maar eint­lik nou bloot A­me­ri­ca­na is: Eer­li­ke lied­jies oor die tye waar­in die bands hul­le­self be­ge­we. Wat jy hier kry, is die san­ger Ho­we Gelb se koel co­w­boy­stem en mu­siek wat soms raas en soms sing, soms in­tiem in jou oor fluis­ter en soms ge­vaar­lik na aan die af­grond bul­der – so as­of jy bie­tjie te vin­nig oor ’n grond­pad­pas jaag na vrien­de wat ie­wers in ’n kroeg vir jou sit en wag. Die­plek­ker. R49,99 op Google Play

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.