BOS­VELD

’n Mens kan lank stry oor waar die Bos­veld be­gin, maar een ding is se­ker: As jy by die Koedoesrand – plek­kies soos Mar­nitz, Swart­wa­ter en Tom Bur­ke – uit­ge­kom het, is jy pens en poot­jies ín die Bos­veld!

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S TOAST COET­ZER

In Koedoesrand is die wê­reld nog wild en die men­se nog méns, skryf Toast Coet­zer

‘Mar­nitz is maar niks!” skerts Anél Ma­lan na­dat sy my ver­wel­kom op dié Bos­veld­plek­kie.

Ja­re ge­le­de, toe sy nog in P­re­to­ria ge­bly en by E­s­kom ge­werk het, was sy een slag hier vir werk. “Ek het ge­dink: ‘Wie is so stu­pid om hier te wil bly?’” ver­tel sy en lag weer. “Min we­tend dat die lief­de my een­dag hier­heen sou lei.” Haar man, Henk, het hier na­by, op die ewe klein Tol­we, groot­ge­word, en dees­dae woon hul­le en hul­le kin­ders, Ters­ma­ri (16) en S­te­fa­nus (14), op die plaas Kil­da­re bui­te Mar­nitz. Ek het gis­ter­aand in een van die kot­hui­se op hul­le plaas ge­slaap.

Hul­le plaas­werf kort net drie die­re vir ’n vol ark. Hond­ge­wys is hier T­rix­ie, Tok­ke­los, Ka­tryn en Kar­nuf­fel. Vark­ge­wys Pe­a­ches en F­rie­da. Dan is daar ’n paar rooi­bok­ke, A­zar, die perd, en Ca­ro­lus, die ge­ban­de muis­hond.

Anél wys my waar hul­le nu­we pad­stal langs die N11 – wat die Gro­blers­brug-grens­pos met die N1 by Mo­ko­pa­ne ver­bind – in aan­bou is.

Vir nou staan die ou pad­stal nog waar jy e­nig­iets van ta­bak, skeer­mes­lem­me­tjies en ’n blik­kie sar­diens tot draai­room­ys, koek­sis­ters en bil­tong kan koop.

Hier stop hoe­ka nou ’n man. Dis Giel M­öl­ler van Po­lo­kwa­ne. Hy werk vir Mon­te­go Pet Nutri­ti­on en ry el­ke nou en dan ’n Bos­veld­se draai na Bal­ti­mo­re, Tom Bur­ke en Tol­we om na sy han­de­laars­net­werk om te sien.

Dis rof­weg ook my plan, hoe­wel ek nie met hon­de­kos in die kat­te­bak rond­toer nie. Nee, dáár lê ’n sak­kie a­vo­ka­do’s wat ek tus­sen Be­la-Be­la en Mo­di­mol­le ge­koop het, ’n bie­tjie in­ko­pies (twee dae ge­le­de se Rap­port, pie­sangs, Sal­ti­crax) by die Be­la Mall en ’n pak hoen­der­ter­tjies van die tuis­ny­wer­heid by A­gri De­li in die ein­ste mall. Dis my pad­kos vir die vol­gen­de paar dae wan­neer ek die Koedoesrand – ’n ver­sa­mel­naam vir hier­die ge­wes­te – ver­ken.

Tyd vir af­draai

Ná my kui­er by Anél-hul­le groet ek en vat die ag­ter­pad na Swart­wa­ter. Dis af­ge­son­der­de wê­reld dié. Die naas­te groot dor­pe is Mo­ko­pa­ne (des­tyds Pot­gie­ters­rus), Lep­ha­la­le (El­lis­ras) en Lou­is T­ri­chardt.

Groot dor­pe – en ver­al P­re­to­ria en Gau­teng – word deur som­mi­ge men­se hier grap­pen­der­wys die “Voor­wê­reld” ge­noem. Jy gaan by­voor­beeld as jong man ’n bie­tjie Voor­wê­reld toe as jy on­der meer vrou soek.

Henk het gis­ter­aand ver­tel hy ont­hou hoe ’n seun­tjie uit Koedoesrand sum­mier be­gin hak­kel het toe hy die eer­ste keer al die vreem­de kin­ders by die skool in een van die groot dor­pe sien. Dit het dié kind by­na drie jaar ge­vat om die hak­kel af te skud...

Dit is vroeg A­pril en ver­on­der­stel om al herfs te be­gin word, maar die veld hier is pu­re laat­so­mer: óral groen. Dis dik­wels droog hier, met ’n ge­mid­del­de re­ën­val van so­wat 300350 mm, en van­jaar het hier nog nie baie ge­val nie. En die on­der­grond­se wa­ter, het Henk ver­tel, is aan ’t op­raak.

Tog sing die veld soos die pad ver­by­ra­tel on­der die Corol­la se wiele. ’n Agt­tal muis­vo­ël­ska­du­wees seil oor die pad en ver­dwyn in die slap drie­hoek­do­rings. K­we­vo­ël grys en swaar, trou­pant se blou en pienk, drie ta­ren­ta­le met twy­fel in hul­le ge­moed.

Mo­pa­nies, wit­gat­bo­me, ma­roe­las, har­de­ko­le, knop­pies­do­rings. Sak­kie van Zyl se plaas na regs, Ty­ne­mouth. Dit lyk as­of hy met brah­ma­ne boer.

Twee dui­kers dans oor die pad, en dan be­reik ek ’n T-aan­slui­ting waar ek links draai. Hier is nou wild­pla­se, Mooi­kloof en Door­n­rand. ’n Swart­wit­pens­bul ver­skyn skie­lik na regs, sy twee ho­rings ge­span soos krom vis­stok­ke.

Dan val die wild­hei­ning weg en ’n land vol sor­ghum staan op lin­ker­hand.

Kort voor lank ry ek Swart­wa­ter son­der se­re­mo­nie bin­ne. Swart­wa­ter is gro­ter as Mar­nitz,

maar dis net om­dat hul­le als ver uit­me­kaar ge­bou het. Ek sien die Buf­fels­drift-ka­fee-en­drank­win­kel, die to­rings van twee ker­ke – die NG en Her­vormd.

Maar dis by die NTB-ko­ö­pe­ra­sie waar ek stil­hou. “Dit staan vir Noord-Trans­vaal Boe­re,” ver­dui­de­lik die ei­e­naar, Joep Ma­ree, “al be­staan nie een van die twee meer nie – nie die Noor­dTrans­vaal nie en ook nie die boe­re nie!”

Ek is hier om toe­stem­ming te vra by Joep om na die Swart­wa­ter-kremetart op sy plaas – en­ke­le ki­lo­me­ter bui­te die dorp – te gaan kyk.

Eers loer ek in die groot win­kel rond. Sou die a­po­ka­lips dreig, is die NTB in Swart­wa­ter ’n goeie plek om kamp op te slaan. Jy kan é­nig­iets koop: o­ly­we, blat­jang, ’n trek­ker­wiel, ge­rook­te kaas­wors, G­host Pops, kra­ne, ’n pot­jie, kamp­stoe­le, ski-tou, gra­we, by­le, re­ën­me­ters, ’n gras­sny­er, toi­let­sit­plek, ma­tras, dikwiel­fiet­se, wa­ter­ste­wels...

Hier’s ook ’n drank­win­kel, kits­bank, kuns­mis­de­pot, vee­me­di­sy­ne, bou­ma­te­ri­aal en kar­ton­doos­fa­briek op die dorp – die boe­re koop hier do­se om hul­le ta­ma­ties, groen soet­ris­sies en an­der groen­te te ver­pak.

Joep is ge­bo­re op Swart­wa­ter. Sy pa het in 1924 hier be­gin skool­gee – blyk­baar het jy ’n soort “dan­ger pay” ge­kry as jy be­reid was om in ma­la­ri­a­stre­ke te kom werk.

Joep se pa het al die pad van Rie­beek-Kas­teel in die Kaap na Swart­wa­ter ge­kom om sy “koors­toe­laag” te kom ver­dien.

Toe sy pa in 1992 oor­le­de is, het Joep se kop weer Swart­wa­ter toe be­gin staan ná draaie in P­re­to­ria. Die des­tyd­se NTK (Noor­dTrans­vaal­se ko­ö­pe­ra­sie) se Swart­wa­ter-tak het op ten­der ge­kom en hy het dit ge­kry. Van­dag is NTB on­af­hank­lik, en die win­kel be­dien boe­re in ’n ra­di­us van 30 km. Be­hal­we vir die vee- en wild­boe­re word hier be­sproei uit die Lim­po­po­ri­vier en als van ta­bak tot aar­tap­pels, uie en bot­ter­skor­sies word ver­bou.

A­ni­ta du P­les­sis, wat by NTB werk, ry saam na die kremetart. Sy en haar man is van Zim­bab­we, maar is al am­per 20 jaar in Swart­wa­ter. “As jy eers hier wor­tels neer­sit, wil jy nê­rens an­ders bly nie,” sê sy.

Dís iets wat ’n mens dik­wels op klein plek­kies hoor. Ek het die sen­ti­ment nog nooit as vals er­vaar nie. Mis­kien is dit om­dat ek ook van ’n klein dor­pie af kom en, al woon ek self dees­dae in ’n stad, weet ek dat g’n mens werk­lik ’n stad no­dig het nie. Ek kan dus ver­staan dat jy op ’n plek soos Swart­wa­ter in­ge­bur­ger kan raak en nooit weer wil trek nie.

Ek dink dit het te doen met hoe na aan die grond (nie teer­stra­te of se­ment­sy­paad­jies nie) jy op die plat­te­land leef. Jy is heel­dag in >

aan­ra­king daar­mee. Jy klim uit jou kar en jy’s op die grond. Jy stap by jou werks­plek uit en die aar­de ont­moet jou voe­te.

Ons stap om die boom as­of dit ’n skou­huis is. Jy sal mak­lik twee slaap­ka­mers in die stam kan bou, met en sui­te-bad­ka­mers. Dis te groot om fo­to’s van te neem, be­sef ek. Dis be­ter om net daar­na te kyk. Dit staan hier soos ’n pi­ra­mi­de, iets uit ’n an­der tyd, dalk 2000 jaar oud.

Die kremetart het ook wor­tels hier neer­ge­sit – en gaan vir eers nê­rens heen nie.

Ie­mand se droom

Na­dat ek vir A­ni­ta by NTB af­ge­laai het, ry ek na ’n gholf­baan. Reg ge­lees! So­wat 16 km bui­te Swart­wa­ter is ’n ne­ge­put­jie­gholf­baan ge­naamd Se­sam­bos, reg op die oe­wer van die Lim­po­po­ri­vier.

Hen­nie du P­les­sis het al­tyd ge­hou van gholf, en hy en sy drie seuns (een van hul­le, K­leinHen­nie, is ’n pro­fes­si­o­ne­le gholf­spe­ler op die Son­skyn­toer) moes Lep­ha­la­le toe ry om te speel.

“Ek was lus om my eie baan te bou,” ver­tel hy in die ska­du van ’n nja­la­boom langs die klub­huis. “Ons het in 2008 be­gin bou en in 2010 was ons klaar. Nou het ons 70 le­de – par­ty is van P­re­to­ria, maar die mees­te is boe­re wat be­gin gholf speel het toe ons die baan ge­bou het.” Langs ons loop die Lim­po­po­ri­vier in vloed. “Dit het laas­week be­gin loop, ge­luk­kig. Ek het nog net ’n maand se wa­ter oor­ge­had,” sê Hen­nie.

Die mees­te boe­re langs die ri­vier het stu­wal­le om wa­ter op te gaar. Hie­r­uit (en on­der die grond uit) word dan be­sproei ge­du­ren­de die droë maan­de van die jaar.

Hen­nie het net ná sy diens­plig in 1987 be­gin boer, aan­vank­lik met lug­droog­ta­bak, maar nou ook uie, aar­tap­pels en pam­poen.

Ons spring in ’n gholf­kar­re­tjie en ry deur die baan na die Bos­bok­kamp. Hier kan jy bly in sa­fa­ri­ten­te of cha­lets met die Lim­po­po voor jou. Hen­nie wys na ’n uit­ge­trap­te deel van die oe­wer. Dit was ’n hon­derd jaar ge­le­de die plek waar groot trop­pe die­re, ver­al blou­wil­de­bees­te, kom suip het. El­ders stop ons by wat oor is van ’n har­de­kool na­by een set­perk, en ek neem vir Hen­nie af langs ’n se­sam­bos waar­na sy baan ge­noem is.

Die Bos­veld se bo­me is een van die re­des waar­om ek al­tyd wil te­rug­keer. Die war­mer kli­maat, goeie grond en net-net ge­noeg re­ën sorg dat bo­me hier gro­ter groei as el­ders, ver­al op die ri­vier­oe­wers. Dis ’n voor­reg om tus­sen hul­le te wees, of jy nou in die ru­veld staan met ’n drie-ys­ter of nie.

Die ou­men­se se stories

Die pi­o­niers­ja­re in hier­die uit­hoek van die Bos­veld was án­ders. Ek sit om die kom­buis­ta­fel saam met Di­an Geer­kens en sy ma, Al­ma. Di­an staan aan die s­tuur van die Ko­ko­mo­ri Bi­r­der’s Lod­ge waar ek van­aand slaap. Ons kyk deur ou fo­to’s van Al­ma se nou oor­le­de man, Ka­die. (Tan­nie Al­ma woon dees­dae op Mo­ko­pa­ne, en was toe­val­lig op kui­er.)

Die Geer­ken­se het in 1927 uit Ne­der­land Suid-A­fri­ka toe ge­kom en in die so­ge­naam­de Wit Vin­ger in die Lim­burg-om­ge­wing – ’n stuk grond om­ring deur la­te­re tuis­lan­de tus­sen Pot­gie­ters­rus en S­teil­loop – grond ge­kry en daar ge­boer met als van grond­bo­ne tot si­trus.

Toe Al­ma en Ka­die Geer­kens in 1964 ge­troud is, trek hul­le na die plaas K­lip­bok­spruit na­by Tom Bur­ke, waar ons nou sit. Ta­bak ge­boer, ook ka­toen, grond­boon­tjies, soms mie­lies.

In daar­die ja­re was dit ’n nu­we land­bou­ge­bied wat be­gin ont­wik­kel het saam met die teg­no­lo­gie – as jy wa­ter uit die ri­vier kon pomp, kon jy be­sproei en plant, ver­al ta­bak.

Di­an ver­tel van een só ’n pi­o­nier, Org Sny­man. Hy het as jong man in die 1920’s van Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) ge­stáp om hier ’n plaas te koop – dis meer as 200 km! Hy moes geld leen uit die “we­du­wee­fonds” by die ta­bak-ko­ö­pe­ra­sie, maar uit­ein­de­lik koop hy die plaas Mo­w­bray en word ’n ge­sie­ne boer.

“Kyk hier,” Di­an skuif ’n fo­to na my toe, “hier’s T­heuns, oom Org se seun, met ’n rooi­bok­ram vas­ge­bind op sy fiets. Hy’t gaan jag en toe som­mer die bok huis toe ge­ry met sy fiets.”

Daar­die ja­re het ’n mag­dom blou­wil­de­bees­te vry hier rond­ge­loop. T­heuns, toe hy nog ge­leef het, het blyk­baar ver­tel hoe hy soms in die veld ’n dreu­ning sou hoor na­der­kom. Hy het dan da­de­lik ag­ter ’n dik boom­stam skui­ling ge­soek om uit die pad te kom van die wil­de­bees­te wat ver­by­da­wer.

Wild was Koedoesrand nog al­tyd. “Ou maat,” sê tan­nie Al­ma, “as die see­koeie in die ko­ring kom, het hul­le ’n pad oop­ge­vreet. En as jy saans so lig in die veld en lan­de dan lyk dit soos ’n dorp se lig­gies van al die rooi­bok­en bos­bok­o­gies.”

Swart­wa­ter se skool was ver­le­de jaar 100 jaar oud. Dis nou be­kend as die La­er­skool U­ni­tas en het so­wat 100 leer­lin­ge, maar in die ou dae was hier meer as 400 kin­ders. Van dié kin­ders wat ’n ent uit die dorp ge­bly het, moes óf skool toe stap óf perd of don­kie ry. Ein­ste T­heuns het al van gr. 1 af die 13 km van Mo­w­bray na die la­er­skool toe ge­stap. Een og­gend het ’n seun glo groot­oog by die skool kom aan­meld met die nuus dat leeus sy don­kie on­der hom uit­ge­vang het!

‘Een og­gend het ’n seun glo groot­oog by die skool kom aan­meld met die nuus dat leeus sy don­kie on­der hom uit­ge­vang het!’

K­was en S­noe­pie

Ná ’n goeie nag­rus ry ek eers Tom Bur­ke toe (hier’s ’n ko­ö­pe­ra­sie, brand­stof­pomp, ’n po­li­sie­sta­sie – en ’n e­nor­me son­plaas wat jy sou kon sien as jy ’n kraai was) en draai dan in die rig­ting van die Gro­blers­brug-grens­pos.

Daar, tus­sen die groot vrag­mo­tors, draai ek regs en volg ’n pad wat skuins­weg te­rug­loop in die rig­ting van Swart­wa­ter.

Hier ie­wers is ’n kro­ko­dil­plaas, maar wan­neer ek die ei­e­naars in die han­de kry, hoor ek hul­le is stad toe.

Ek het gis­ter vir K­was van Vuur­en by die NTB in Swart­wa­ter ont­moet, en hy het my sum­mier ge­nooi om te kom kyk na sy plaas, Tul­bach. Dié is ook langs hier­die pad, en ek draai in wan­neer ek die bord sien.

Wan­neer ek vir K­was en sy jack rus­sell, S­noe­pie, op­spoor, moet ek na­tuur­lik eers oor sy naam vra.

K­was lag. “Toe ek op la­er­skool was op Swart­wa­ter, het ons iets op­ge­voer. En ék was ’n k­was! Ek moes al die ‘bla­re’ op die ver­hoog ‘verf’!”

Ek spring ag­ter­op sy bak­kie – S­noe­pie lê in die vou van K­was se uit-die-ven­ster-arm – en ons ry af Lim­po­po­ri­vier toe. Hier het K­was ’n jag­kamp waar hul­le met vrien­de kom uit­span.

Hier’s ’n stu­wal waar­van van die wa­ter in ’n soort “swem­bad” in­vloei so­dat hul­le in die so­mer kan af­koel.

Toe hul­le klein was, het hul­le som­mer in die ri­vier ge­swem. “Ie­mand moes eers net so drie sko­te met die .303 skiet om die kro­ko­dil­le weg te jaag,” ont­hou K­was.

My tyd in Koedoesrand is te kort: Ek moet te­rug Voor­wê­reld toe om in ’n vlieg­tuig te klim. Vol­gen­de keer gaan ek die kro­ko­dil­plaas be­soek, s­wem by K­was se stu­wal (na­dat ie­mand die kro­ko­dil­le skrik­ge­maak het...) en Tol­we se kant toe ry.

“Die Bos­veld is ’n gog­ga wat jou byt,” het tan­nie Al­ma gis­ter by die kom­buis­ta­fel ver­tel, vol heim­wee vir die Bos­veld wat sy mis nou­dat sy in Mo­ko­pa­ne bly. “En as hy vir jou eers ge­byt het, dan wil jy nie weg­gaan nie. Dit kom in jou bloed in.”

Sy het ook iets an­ders ge­sê, wat nou eers vir my sin maak.

“Ek mis die stilte én die men­se. Ver­al die ge­moe­de­lik­heid van die ge­meen­skap wat jy rond­om jou aan­voel in plek­ke soos hier­die. Ek ont­hou, by ’n kerk­ba­saar, hoe die ou men­se van daai ja­re jou ba­ba sou vat om na hom te kyk.”

Ja, jy kan stilte mis, én men­se­stem­me. Dit is dalk om­dat die stilte hier vol vo­ël­ge­sang is, en om­dat Koedoesrand se men­se nog méns is. >

BA­O­BAB’S FARM COTTAGES & BA­O­BAB’S BUSHVELD REST Ba­o­bab’s Bushveld Rest se een­he­de is op Mar­nitz reg langs die N11, en die Ba­o­bab’s Farm Cottages is op ’n plaas so­wat 7,5 km noord. Self­sorg: R620 p.n. vir 2 men­se wat deel, daar­na R220 p.p. ek­stra. Doen na­vraag in­dien jy maal­tye wil hê. Troe­tel­die­re wel­kom slegs by die Farm Cottages. Kon­tak 082 708 1928 (Anél); 082 851 2151 (Henk)

a­nel.ma­lan@wor­l­don­li­ne.co.za; ba­o­ba­bac­com­mo­da­ti­on.co.za

KO­KO­MO­RI BI­R­DER’S LOD­GE Ja, jy gaan lek­ker vo­ëls kyk hier! Die self­sorg­klip­hui­se (R300 p.p.p.n.) is tus­sen groot bo­me langs die Lim­po­po­ri­vier en hier’s ook ’n pri­va­te bos­kamp ’n ent weg as jy ’n voet­jie na­der aan die na­tuur wil kui­er (R350 per voer­tuig p.n.; geen e­lek­tri­si­teit).

Troe­tel­die­re toe­laat­baar, maar op eie ri­si­ko – hier’s kro­ko­dil­le. Ko­ko­mo­ri is 13,6 km van Tom Bur­ke af – jy draai af van die R572 in die rig­ting van Ga-Se­le­ka. (Die pry­se op hul­le web­werf is ver­ou­derd.) Kon­tak 082 962 8588 (Min­da);

ko­ko­mo­ri@mweb.co.za, ko­ko­mo­ri.co.za

SE­SAM­BOS-GHOLF­BAAN Ver­blyf in die Bos­bok­kamp kos R200 p.p.p.n. in sa­fa­ri­ten­te en R250 p.p.p.n. in self­sor­g­cha­lets.

Maal­tye be­skik­baar by die klub­huis se re­stau­rant – jy kan ook net in­ry en iets kom eet (ge­sluit op Maan­dae en Dins­dae). Gholf­spe­lers kan kom speel teen R200 vir 18 put­jies en R120 vir 9. Se­sam­bos is 13 km bui­te Swart­wa­ter. Kon­tak 083 520 5302 (C­har­les);

se­sam­bos.co.za; se­sam­bos­gholf@gmail.com

MORITI BUSH CAMP Die bos­kamp is op die oe­wer van die Lim­po­po, skaars 3,5 km van die Gro­blers­brug-grens­pos af.

Hier’s plek vir tot 8 men­se, en jy be­spreek die kamp eks­klu­sief. Net­jie­se a­blu­sie- en kom­buis­ge­bou (met e­lek­tri­si­teit).

Dit kos R550 p.n. vir tot 2 men­se; R250 p.p.p.n. vir 3-8 men­se. Gra­tis vir kin­ders jon­ger as 12. Geen troe­tel­die­re. Ge­sluit van 1 No­vem­ber tot 31 Maart. Kon­tak 079 515 6357 (A­de­le);

mo­ri­ti­camp.co.za KLIPPAN RI­VER LOD­GE Hier is se­we dub­bel­ka­mers teen R750 p.n. Hier is ’n kroeg, sit­ka­mer om TV te kyk, kui­er­plek en ge­meen­skap­li­ke kom­buis. Vra voor­af as jy ys, hout en braai­pak­ke (R150 elk) wil hê. Dis net 1 km stroom­af van die Gro­blers­brug­grens­pos. Geen troe­tel­die­re. Kon­tak 082 499 4120 (Nor­ma), 072 612 1193 (Me­la­nie);

klip­pan­lod­ge.co.za

THE BIG FIG INN Dis reg langs die N11 tus­sen Tom Bur­ke en die Gro­blers­brug­grens­pos – ge­skik vir oor­nag op pad na Botswa­na. Kamp (met e­lek­tri­si­teit): R150 p.p.p.n. En sui­te­dub­bel­ka­mers: Va­n­af R850 p.n., self­sorg. Hier is ’n re­stau­rant. Troe­tel­die­re moet voor­af goed­ge­keur word. Kon­tak 078 648 1671 (Ro­meo);

big­fig.word­press.com

BUFFALO THORN SA­FA­RIS Een van die een­he­de is om­hein en dus troe­tel­dier­vrien­de­lik (die an­der is na­by wa­ter­ga­te en dus nie ge­skik vir troe­tel­die­re nie).

Dié een­heid kos R300 p.p.p.n. en an­der ver­blyf kos va­n­af R450 p.p.p.n., self­sorg (re­stau­rant vir og­gend- en aand­e­tes). Hul­le is 11 km van Mar­nitz af: Volg die N11 in die rig­ting van Tom Bur­ke en draai dan op ’n grond­pad in die rig­ting van Swart­wa­ter. Kon­tak 082 852 9354 (Ma­ri);

buf­fa­lot­horns­a­fa­ris.com

PALALA BOUTIQUE GA­ME LOD­GE & SPA Jy hoef nie vol s­tof uit die Bos­veld te strom­pel nie. Kom pam­per­lang als wat pam­per­lang kort, by die luuk­se Palala se spa. Hul­le bied ook vis­vang, wil­drit­te, ri­vier­vaar­te en be­ge­lei­de stap­pe. Bed en ont­byt kos va­n­af R1 800 p.n. vir 2 men­se. Jy kan ook bloot ’n maal­tyd be­spreek en kom kyk hoe dit lyk.

Volg die R572 van Tom Bur­ke in die rig­ting van Ga-Se­le­ka en kyk uit vir die Palala Ga­me Farm(Mel­bour­ne) af­draai­bord. Die lod­ge is 21 km van Tom Bur­ke af. Troe­tel­die­re net met toe­stem­ming. Kon­tak 079 885 1273;

pa­la­la­bou­ti­que­ga­me­lod­ge.co.za

TROU HIER

BORDEAUX GA­ME FARM Hier­die is ’n ge­wil­de trou­ve­nue, maar jy kan ook hier oor­nag op pad Botswa­na toe. Dis langs die N11, so­wat 5 km van Mar­nitz af in die rig­ting van Tom Bur­ke. Dit kos R450 p.p.p.n. self­sorg (re­ël voor­af vir e­tes). Geen troe­tel­die­re. Kon­tak 071 868 0819 (Lou­i­se);

bor­deaux­ga­me­farm.co.za

VREETSAAM (fo­to bo). Anél Ma­lan met F­rie­da, die Eu­ro­pe­se bos­vark, op haar en haar man, Henk, se plaas, Kil­da­re, na­by Mar­nitz.TWEESLAAPKAMER-KREMETART (fo­to oor­kant, bo). Die Swart­wa­ter-kremetart ver­dwerg e­ni­ge mens­ge­maak­te ding – jy kan maar net staan en kyk.SKOONVELD (fo­to oor­kant, on­der). Hen­nie du P­les­sis van die Se­sam­bos­gholf­baan po­seer langs ’n se­sam­bos wat die plek sy naam gee. Se­sam­bos is net bui­te Swart­wa­ter en op die oe­wer van die Lim­po­po­ri­vier.

BA­O­BAB’S FARM COTTAGES, MAR­NITZ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.