LESOTHO

Die le­ser Li­za Walls en vrien­de ry nu­we teer­paaie deur die berg­ko­nink­ryk én ont­moet ’n non of twee.

Weg! - - Inhoud -

Nu­we teer­paaie maak die Berg­ko­nink­ryk al hoe meer toe­gank­lik. Die le­ser Li­za Walls ver­tel van haar Lan­die-a­von­tuur oor berg­pas­se en ver­by bees­te in Lesotho

Die Ma­let­suny­a­ne-wa­ter­val! Hoe lank droom ek nie al daar­van om by dié wa­ter­val te staan nie! In 1973 het my oor­le­de man, Ian, en ’n paar van sy Berg­klu­bpêl­le van Qa­chas­nek ver­by hier­die man­ji­fie­ke wa­ter­val na Ma­se­ru ge­stap. Hul­le ver­tel­lings het my be­gees­ter. Nou staan ek hier bo die ra­vyn, met die hoë wa­ter­val wat don­de­rend na on­der stort.

Langs die wa­ter­val ab­seil ’n paar dap­pe­res na on­der. Ek sien das­sies, ’n Kaap­se klip­lys­ter, ’n krans­valk en ’n lam­mer­g­ei­er; rooi­vlerk­spreeus en swa­els swiep ver­by.

Ons groe­pie het gis­ter in Se­mon­kong (“plek van rook”), die naas­te dor­pie aan die wa­ter­val oor­nag. Ek, Da­ve, El­ma­rie en Da­nie het in my Lan­die ge­ry; en die sus­ters Ma­ri­se en An­ne­lee in ’n Su­zu­ki Jim­ny. Ons het van La­dy­brand af ge­ry met die A2 en die A5, deur Ma­se­ru, die u­ni­ver­si­teits­dorp Ro­ma en die dor­pie Ra­ma­ban­ta. Dit was goeie teer­pad met hoë ber­ge aan weers­kan­te.

On­danks die goeie paaie het dit ons steeds drie uur ge­vat om 100 km te ry – ons het ge­reeld stil­ge­hou om die uit­sig te waar­deer of vir ’n trop­pie vee wat deur mans in kom­ber­se op per­de aan­ge­jaag word.

Na­by Ma­se­ru het ons by T­ha­ba Bo­siu stil­ge­hou – ’n sand­steen­pla­to­rand en die ves­ting

waar­heen ko­ning Mosjoesjoe in die vroeë ja­re 1800 ge­vlug het. Die B­rit­te en Rooms-Ka­to­lie­ke kerk het tot sy red­ding ge­kom en as ge­volg daar­van is Lesotho groot­liks ’n Ka­to­lie­ke land.

Ons bly in die Se­mon­kong Lod­ge. Hier is ’n paar cha­lets en ’n kamp­ter­rein langs die Ma­let­suny­a­ne­ri­vier, en twee gro­ter ron­da­wels bo-op die heu­wel. El­ke ron­da­wel het ses sta­pel­bed­dens en ’n ge­meen­skap­li­ke kom­buis. Ons ses is in een ron­da­wel en die an­der een word ge­deel deur ’n Is­rae­lie­se man wat deur A­fri­ka ry­loop en ’n mo­tor­fiets­ry­er van Mos­sel­baai.

Jy stap so­wat ’n uur op ’n net­werk van paad­jies van die lod­ge af tot by die Ma­let­suny­a­ne­wa­ter­val. Ons kom heel­wat men­se teë wat te perd of met ’n don­kie aan ’n tou op pad dorp toe is vir in­ko­pies. Groot gas­bot­tels is op par­ty van die don­kies se rûe vas­ge­maak.

Al­mal is toe­ge­wik­kel in kom­ber­se, ba­lak­la­was en mus­se. Ons sien ook heel­wat bok­ke, ska­pe, bees­te en hon­de.

Eens­klaps sien jy die wa­ter­val. Da­nie, Ma­ri­se en An­ne­lee wil stroom­af stap en ’n pad tot in die ra­vyn soek. Ek en El­ma­rie is te­vre­de om die to­neel voor ons in te drink – Da­ve sluit la­ter by ons aan; hy wou eers sy ka­me­ra laai. Die moe­di­ge trio vind gou ge­noeg uit die e­nig­ste paad­jie tot on­der in die ra­vyn is ook die e­nig­ste (steil!) een waar­mee jy kan te­rug­stap – dis die een waar­mee die ab­sei­lers weer tot op die pla­to stap. Hul­le volg toe ’n 4x4-pad wat ’n ent­jie stroom­op loop en dan om ’n heu­wel tot by nog ’n uit­kyk­punt oor die wa­ter­val.

Ek stap nie saam nie – ons is meer as 2 200 m bo see­spie­ël en ek haal swaar a­sem in die dun lug. Na­dat al­mal klaar ver­ken is, keer ons te­rug na Se­mon­kong vir ’n bier in die lod­ge se kroeg en aand­e­te by ons ron­da­wel.

Ver in die wê­reld, Kat­se

Die vol­gen­de og­gend is ek eer­ste wak­ker. Bui­te lê die sons­op­koms soos ’n geel streep op die ho­ri­son en ’n se­kel­maan om­arm Ve­nus bo my.

Toe ons op­ge­pak is, ry ons te­rug na Ro­ma met die A5 en draai oos om met die A3 na T­ha­ba-T­se­ka te ry – ’n dorp wat rof­weg in die mid­del van die land lê.

Ons ry op en oor ’n paar in­druk­wek­ken­de teer­pas­se: Bush­man’s, God Help Me, Blue Moun­tain… Ons is ín die berg. Ons ry ver­by nog bees­te, bok­ke en ska­pe wat deur nog jong man­ne in kom­ber­se aan­ge­jaag word.

Die plan­te­groei is am­per soos in die Al­pe, en wa­ter stroom teen die han­ge af tot in die val­lei. Haar­naald­draaie, ’n os wat in die mid­del van die pad staan… Da­nie is ag­ter die s­tuur en die rem­me skreeu toe ons tot stil­stand kom!

La­ter hou ons stil vir mid­dag­e­te en sien die plaas­li­ke sok­ker­span teen die berg uit­hol!

O­ral sien ’n mens lap­pies mie­lies. Die stin­gels is ge­sny om ger­we en hooi­mie­dens te maak. La­ter sien jy hoe hier­die hooi­mie­dens in bon­dels ge­bind en op don­kies ge­laai word; dit word ge­stoor vir vee­voer in die lang win­ter.

Ons kom by T­ha­ba-T­se­ka aan en kry pe­trol vir die Jim­ny – hy loop al ’n ruk­kie op walms.

Ek het ge­dink die pad om tot hier te kom was dra­ma­ties, maar die pad van T­ha­ba-T­se­ka af na die Kat­se­dam en ver­der noord na die dor­pie Le­jo­ne oor­tref die pad tot dus­ver. Dis 60 km grond­pad van T­ha­ba-T­se­ka af tot by die Kat­se­dam­wal. Dis vol slag­ga­te en klip­pe­rig, en dit vat ons drie uur. Langs die pad val die land­skap weg tot in val­leie wat lyk as­of dit geen boom het nie.

Die son sit al ge­vaar­lik laag toe ons by die wal kom, en ons is dank­baar dat die laas­te deel van 50 km tot by Le­jo­ne ge­teer is. Ons kom op >

die ou end teen se­we­uur by die Mo­te­bong Lod­ge aan waar hul­le niks van ons be­spre­king weet nie. Hul­le het wel ’n op­slaan­huis vir die aand.

Die Kat­se­dam is ba­sies ’n val­lei vol wa­ter in die Ma­li­ba­mat­so­ri­vier. Dis lank en smal – en diép. Le­jo­ne was die bou­dor­pie in die noor­de toe die dam in die vroeë ja­re ne­gen­tig ge­bou is. Dis deel van die Lesotho-Hoog­land-wa­ter­pro­jek – ’n ven­noot­skap tus­sen Suid-A­fri­ka en Lesotho – om wa­ter aan Gau­teng te voor­sien. ’n Ton­nel neem die wa­ter tot in die Ca­le­don­ri­vier, wat die Vaal­ri­vier en uit­ein­de­lik die Vaal­dam voed. ’n Mens kan ’n toer van die wal doen om die in­ge­ni­eurs­we­se van na­der te be­skou, maar ons is te poot­uit om te­rug te ry soon­toe.

Ter­wyl die drie en­toe­si­as­tie­se stap­pers die vol­gen­de og­gend ’n lang roe­te deur die val­lei saam met ’n gids aan­pak, kies die res van ons ’n rustiger wan­de­ling. Ter­wyl ons stap, ont­moet ons ’n Suid-A­fri­ka­ner wat ’n fo­rel­plaas hier na­by be­stuur. Die teel­vis kom van die Kaap af, die ei­ers uit Eu­ro­pa en die vis word met vrag­mo­tors na Wool­wort­hs-win­kels land­wyd ver­voer.

Ná ’n kop­pie tee te­rug by ons hui­sie stap ons met die pad op tot by Le­jo­ne. Ons loop ver­by die mark – dit we­mel van hon­de, don­kies en men­se. Dit lyk as­of dit pen­si­oen­dag is en ou men­se wag ge­dul­dig dat die reg­te amp­te­na­re op­daag.

Die win­kels in Le­jo­ne is die ge­wo­ne keur van kle­re­win­kels, geld­skie­ters, sel­foon­win­kels en ’n su­per­mark. ’n Ge­dul­di­ge don­kie staan bui­te een win­kel met ’n kom­bers om sy kop – dis een ma­nier om se­ker te maak hy loop nie weg nie! (Ons loer in by ’n win­kel waar ons Ba­so­tho-kom­ber­se van a­kriel­ve­sel vir R400 elk kan koop.)

Ons kom al­mal la­ter die aand by­me­kaar om te braai en luis­ter na die drie stap­pers se stories. Hul­le het 20 km saam met die gids af­ge­lê.

Die non­ne van St. James

Die vol­gen­de dag is be­wolk en ons val vroeg in die pad. Ons ry noord­oos op ’n grond­pad wat ons uit­ein­de­lik tot op die ge­teer­de A1 bring, waar ons suid draai na die dorp Mok­hot­long.

Die grond­pad­deel is sta­dig: Dit neem drie uur om 40 km af te lê: op en af, kron­ke­lend deur die val­leie. Ie­wers vat ons die ver­keer­de af­draai en be­land bo-op ’n heu­wel in ’n dood­loop­straat­dorp waar ’n vrou vir ’n groep kin­ders in die son klas­gee.

Ge­luk­kig help ’n jong man ons om op die reg­te pad te kom. Ons s­teek die Ma­li­ba­mat­so­ri­vier met ’n laag­wa­ter­brug oor en ry op­draan-

des ver­by die Kao-di­a­mant­myn. Hier is die pad be­ter; dit word waar­skyn­lik deur die myn on­der­hou. Ons ry ho­ër en ho­ër tot bo-op ’n pla­to. Die grond­pad sluit by die A1-pad na Tla­eng­pas aan – teen 3 251 m is dit een van die hoog­ste pad­pas­se in A­fri­ka. Die A­friS­ki-oord lê net om die draai na die noor­de, maar ons mik suid na Mok­hot­long.

Hier is ’n paar di­a­mant­my­ne by Mok­hot­long; dus kry ons brand­stof en ’n or­dent­li­ke S­hop­ri­te. Die 155 km-reis het tot dus­ver “net” ses en ’n half uur ge­neem. Dis be­ter as die rit van Se­mon­kong na Le­jo­ne, wat ons 11 uur ge­vat het!

Suid van Mok­hot­long draai ons van die A1 af tot op die Sa­ni­pas­pad. Kort daar­na draai ons weer af na St James Lod­ge – ’n groot Ka­to­lie­ke sen­ding­sta­sie met ’n kerk, crè­che, la­er­skool, ho­ër­skool met ’n kos­huis en ’n kli­niek. Meer as 40 non­ne bly in ’n mooi woon­stel­blok – par­ty is on­der­wy­sers en an­der ver­pleeg­sters.

Die “lod­ge” is ’n klein klip­ge­bou waar die pries­ters waar­skyn­lik ge­bly het toe hul­le hier ge­kom het: twee groot ka­mers met vier of vyf bed­dens in elk, ’n slaap­ka­mer en twee aan­gren­sen­de ron­da­wels. Dis ’n bie­tjie pri­mi­tief, maar hier is da­rem e­lek­tri­si­teit. En goed­koop. Na­tuur­lik is hier weer geen be­wys van ons be­spre­king en de­po­si­to nie, maar die vrien­de­li­ke ont­vangs­da­me bel ’n pries­ter en sor­teer al­les uit.

Die ont­vangs­da­me neem ons op ’n toer van die kerk met sy muur­skil­de­rye en ’n ge­verf­de pla­fon – dit is blyk­baar in de­le ver­sier en toe ge­ïn­stal­leer. Sy speel trom­me in die kerk­koor.

Teen so­wat se­we­uur re­ën dit lig­gies en is ek ef­fe be­kom­merd, maar toe ek ne­ge­uur bui­te loer, knip die Sui­der­kruis vir my oog hoog bo in die lug, en die vol­gen­de og­gend groet Ve­nus my.

Af­draan­de af huis toe

Hier’s nie juis lek­ker roe­tes om te stap nie en ons be­sluit een aand by St. James is ge­noeg. Ná ’n warm don­kie­stort ry ons na die Sa­ni Moun­tain Lod­ge toe. Die lod­ge bo-op die pas is net so­wat 40 km ver – ’n uur lan­ge rit op teer.

By die lod­ge ge­sels ons met an­der rei­si­gers en kry dan ons kop­pe reg vir die aan­slag. Ver­by pas­poort­be­heer. Twee­de rat, la­e­s­trek. Ná die eer­ste paar haar­naald­draaie sit ek die Lan­die in eer­ste rat om die rem­me te spaar.

Da­ve is langs my en praat my tot on­der. Ter­wyl ons al hoe la­er daal, troon die pla­to­rand bo ons uit. Ná die haar­naal­de word die pad min­der steil en gou is ons deur die SuidA­fri­kaan­se grens­pos. Ons het dit ge­maak!

Voor­waarts na Un­der­berg, Bul­wer, Bos­ton… Die groen heu­wels van K­waZu­lu-Na­tal. Ons groet vir An­ne­lee wat op pad is na Dur­ban, en ons laai Da­ve by sy huis in Ho­wick af. Die res van ons gaan ’n paar nag­te deur­bring op ons fa­mi­lie­plaas na­by G­rey­town voor ons weer die “reg­te wê­reld” aan­durf.

VELD EN DORP. Die Ma­let­suny­a­ne­wa­ter­val in al sy glo­rie (on­der). By T­ha­ba-T­se­ka kon die Jim­ny se tenk vol­ge­maak word (heel on­der).

LANGS DIE PAD (van bo). Li­za by die Sa­ni­pas; an­go­ra­bok­ke op pad na die bar­bier; ’n veld­skool in die berg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.