WIELE

Die S­weed­se mo­tor­ver­vaar­di­ger Vol­vo is op die oor­logs­pad, en sy wa­pen­tuig is ’n splin­ter­nu­we reeks in­druk­wek­ken­de mo­tors wat nie net die kop­pe laat draai nie, maar wê­reld­wyd die een toe­ken­ning ná die an­der los-slaan. Pier­re Steyn het drie van die nu­we mod

Weg! - - Inhoud -

Vol­vo se splin­ter­nu­we reeks laat nie net die kop­pe draai nie, maar wen ook wê­reld­wyd pry­se. Pier­re Steyn be­stuur drie van hier­die nu­we uit­skie­ters

Lank ge­le­de land ek in die mid­del van die win­ter in Ki­ru­na, die mees noor­de­li­ke stad in S­we­de. Dis so­wat 150 km noord van die Noord­pool­sir­kel en die vlie­ë­nier kon­dig saak­lik aan dat die tem­pe­ra­tuur bui­te -30 ºC is. Ek weet nie of ’n dons­baad­jie in die koue kan s­melt nie, maar dis wat met my­ne ge­beur na­dat die lug­waar­din die vlieg­tuig­deur oop­maak. Dis soos die oor­bluf­te los­ska­kel van Raw­son­vil­le se 2de span wat hom skie­lik in ’n ys­re­ën in ’n toets teen die All Blacks in Du­ne­din se Hou­se of Pain be­vind. “Druk asseblief nog ’n drie mnr. Lomu. Moe­nie dat ek in jou pad staan nie,” sê my baad­jie.

’n Baie groot S­weed groet ons in die klein aan­komslo­kaal. Ver­beel jou hy lyk soos B­j­örn Lot­h­brok, oud­ste seun van Rag­nar, die le­gen­da­rie­se lei­er van die Vikings in die 9de eeu. Blou oë. Blon­de ha­re. Bok­baard. Se­we voet lank. Met ’n moe­wie­se mes aan sy sy. B­j­örn is ons gids wat ons op sneeu­fiet­se na ’n wil­der­nis­kamp moet be­ge­lei.

Hy’s bly om te sien ons het ons warm­ste kle­re saam­ge­bring, sê hy aan die groe­pie bib­be­ren­de SuidA­fri­ka­ners. Hy’s se­ker dis goeie en mooi kle­re te­rug by ons huis in A­fri­ka, maar ons is nou in Lap­land.

“Hier sal jul­le dood­gaan in daar­die kle­re. In S­we­de is daar nie sleg­te weer nie. Net sleg­te kle­re,” sê B­j­örn en lag uit sy maag. Ge­na­dig­lik word ons toe met die reg­te kle­re toe­ge­rus so­dat ons kan bly le­we.

Ki­ru­na is die plek waar daar al meer as ’n eeu ys­ter­erts ont­gin word en waar­van die staal ge­bruik word om Vol­vo’s te maak. Vol­vo se ken­te­ken is juis die an­tie­ke che­mie­se sim­bool vir staal. Maar die myn is só diep dat hy die stad self on­der­myn. Nou word Ki­ru­na ge­bou vir ge­bou 3 km oos­waarts ver­skuif. Dis ’n pro­jek wat vier jaar ge­le­de be­gin het en tot 2100 gaan duur. S­we­de, die plek en die men­se, staan nie te­rug vir uit­da­gings nie. Hul­le kyk ver in die toe­koms.

Die­self­de geld vir die nu­we ge­slag Vol­vo’s wat on­langs be­kend ge­stel is. Mo­tors soos die V60 Cross Coun­try, die XC40 en die XC60.

Die XC60 is ’n mid­del­slag-sport­nuts­voer­tuig en is nie net Vol­vo se top­ver­ko­per nie, maar is van­jaar aan­ge­wys as die Wê­reld­mo­tor van die Jaar. Die XC40 is ’n nu­we klei­ner, a­we­reg­se sport­nuts­voer­tuig wat die kop­pe laat draai. Dit gaan ’n tref­fer in die Vol­vo-stal wees. En die V60 Cross Coun­try is die meer tra­di­si­o­ne­le sta­sie­wa, die soort mo­tor wat Vol­vo oor die ja­re ver­vol­maak het.

Soos met die mees­te groot mo­tor­ver­vaar­di­gers word teg­no­lo­gie, on­der­stel­le, rat­kas­te, vier- >

trek­stel­sels en en­jins oor die reek­se heen ge­deel.

Wat die Vol­vo’s van sy me­de­din­gers on­der­skei, is nie net din­ge soos die snoep brand­stof­ver­bruik of die sag­te rit nie, maar die ge­voel dat dié mo­tors werk­lik die toe­koms be­tree het. Die S­kan­di­na­wie­se ont­werp bin­ne en bui­te is luuks, mo­dern en sag op die oog, maar dit is ver­al die teg­no­lo­gie wat on­der die staal­vel in­ge­span word wat die groot­ste in­druk maak.

Vol­vo noem dit Pi­lot As­sist en Ci­ty Sa­fe­ty, ka­me­ra- en ra­dar­teg­no­lo­gie wat jou help om an­der mo­tors, voet­gan­gers, fiets­ry­ers en die­re te ver­my. In die XC60 het ek in spits­ver­keer die teg­no­lo­gie aan­ge­ska­kel en die mo­tor het so te sê op sy eie vir ki­lo­me­ters aan­een stad toe in­ge­kruie.

Hy’t self die volg­af­stand ge­hou, ver­snel en ge­rem wan­neer hy moet. As hy ag­ter­kom jy dwaal bie­tjie links of regs in jou baan, gee die stuur­wiel jou ’n druk­kie in die reg­te rig­ting. En in ’n nood­ge­val gaan die mo­tor groot ska­de ver­my of jou le­we red deur vir jou te rem.

Meer as ’n dui­send jaar ge­le­de het Rag­nar, sy seuns, sy vrou, La­ger­tha, en hul­le kry­gers die B­rit­te, die Fran­se en die res van die wê­reld aan die hol ge­had – dis weer sul­ke tyd.

VOL­VO XC40 D4

VOL­VO V60 CROSS COUN­TRY D4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.