EET HIER

Weg! - - Inhoud - – E­van Nau­dé

Ves­pet­ti is net die plek as ’n see­kos­lus jou oor­val wan­neer jy op Port Nol­loth draai

Wan­neer jy op ’n kus­dor­pie aan­kom, gaan kyk ’n mens al­tyd eers hoe lyk die see. En teen mid­dag­e­te oor­val daai lus vir see­kos en ’n draai­room­ys jou, ver­al as jy ie­wers langs die Wes­kus reis.

In Kus­weg op Port Nol­loth vang die blou-en-wit ge­bou van die re­stau­rant Ves­pet­ti jou oog. Tus­sen die wit hout­ta­fels en skeeps­toue wat die re­stau­rant ver­sier, hang ’n see­kos­reuk wat jou maag laat grom. Mik vir ’n ta­fel bui­te; jy wil im­mers die see sien, die bries op jou vel voel en die ge­krys van die see­meeue hoor. Pa­s­op, een pro­beer dalk ’n slap­tjip van jou bord af gaps.

Die naam is I­ta­li­aans (dit was voor­heen ’n I­ta­li­aan­se re­stau­rant – piz­za en pas­ta is wel op die spys­kaart), maar dees­dae is hier ’n ry­ke ver­skei­den­heid see­kos, met die klem op rýk!

Ge­wo­ne maal­tye soos roer­ei­er en roos­ter­brood (R26), ca­la­ma­ri­bur­gers (R60), pi­ta­brood­jies met tzat­zi­ki­sous (R85), snoek (R100) en gar­na­le (va­n­af R160) is be­skik­baar, maar dan is hier ook dis­se wat jou cho­les­te­rol­vlak in ’n an­der kwa­drant in gaan laat skiet: ’n Mixed G­rill wat be­staan uit s­te­ak, twee ei­ers, boe­re­wors, spek én ’n skaap­tjop­pie (R140), ’n see­ko­so­me­let (R65), ca­la­ma­ri ge­stop met mos­sels, knof­fel en kaas (R130) en ’n kruis­bief­stuk ge­stop met mos­sels (die Car­pet­bag­ger, R135)!

En vir die ou­ens met die sui­ker­tand is hier wa­fels en room­ys of ’n melk­skom­mel – 18 geu­re! Wat van ka­ra­mel-cap­puc­ci­no, aar­bei­kaas­koek of grond­boon­tjie­bot­te­ren-kon­dens­melk...

Moet dus nie te ver van Ves­pet­ti af par­keer nie, jou ge­sin gaan jou dalk ná ete te­rug kar toe moet rol. Waar? In Kus­weg, langs die S­co­tia Inn Ho­tel. Oop El­ke dag 10 vm.- 9 nm. Kon­tak 027 851 7843 of @ves­pet­ti op Fa­ce­book

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.