RUBRIEK

Om ’n be­staan op ’n plaas te maak is nie vir al­mal nie, ver­al as jou plaas in die mid­del van nê­rens lê. Tog kan só ’n af­ge­son­der­de leef­wy­se be­vre­di­gend wees.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE S­HIR­LEY MA­RAIS SKETS FRED MOUTON

Pa­raf­fien­lam­pe, die Do­ver-stoof en lang wan­de­lin­ge in die veld – S­hir­ley Ma­rais ont­hou va­kan­sies op haar ou­ma en ou­pa se Noor­dKaap­se plaas

My ou­ma en ou­pa van der Mer­we het in die Noord-Kaap ge­boer, na­by die dor­pie Da­ni­ëls­kuil, so­wat 150 km noord­wes van Kim­ber­ley, op ’n pan­ne­koek­plat, klip­har­de stuk aar­de.

Hul­le was wat jy van­dag be­staans­boe­re sou noem, maar vir hul­le was dit bloot hoe hul­le ge­le­we het, en ook nie nood­wen­dig uit vrye keu­se nie. Dit was ’n voort­set­ting van die leef­wy­se van hul­le ou­ers en groot­ou­ers – en al le­we wat hul­le ooit sou ken.

Tus­sen 1934 en 1952 het Ou­ma ses kin­ders ge­had – vier saam met my ou­pa en twee by haar vo­ri­ge man. By tye het sy en Ou­pa boon­op an­der kin­ders van fa­mi­lie­le­de in hul­le sorg ge­neem. Die Groot De­pres­sie, die Twee­de Wê­reld­oor­log, die straf­ste droog­te in die ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­ka, én die ver­nie­ti­gen­de sprin­kaan­plaag van die mid­del 1930’s het hul­le tol ge­ëis op die boer­de­ry­ge­meen­skap en die plat­te­land­se be­vol­king van die land. In tye van nood was jou eie fa­mi­lie al­tyd die eer­ste men­se na wie jy ge­draai het vir hulp.

Op die smal strook Ka­la­ha­ri waar­op sy plaas uit­ge­lê was, het Ou­pa ge­noeg ge­pro­du­seer om sy eie ge­sin en an­der fa­mi­lie­le­de deur te trek – en soms ook kos te ver­skaf aan dorps­men­se waar die spens­kas leeg­ge­staan het.

Be­hal­we groen­te soos mie­lies het Ou­ma ’n man­ji­fie­ke vrug­te­boord ge­had wat sei­soen op sei­soen ge­noeg kwe­pers, ap­pel­ko­se, per­skes, ap­pel­lie­fies en vye ge­le­wer het so­dat haar eie spens­rak­ke al­tyd vol­ge­staan het: fles­se in­ge­leg­de vrug­te, kon­fy­te, stro­pe en ge­pe­kel­de groen­te. Dro­ë­vrug­te het in groot wit meel­sak­ke op die vloer ge­staan, langs die pa­raf­fie­nys­kas wat in die hoek ge­dreun het.

Hul­le het ook hoen­ders, ska­pe en melk­koeie aan­ge­hou. Ou­pa het melk en skaap­vleis ver­koop om pro­vi­and aan te koop wat hul­le nie self ver­bou nie: sui­ker, meel, kook­o­lie, pa­raf­fien, brei­wol, ma­te­ri­aal vir kle­re maak – en een paar skoe­ne per jaar per kind wat nie daar­die jaar hand-me-do­wns ge­ërf het nie.

El­ke win­ter is ’n os ge­slag wat ge­noeg bil­tong voor­sien het aan die kin­ders én la­ter die klein­kin­ders.

Ou­ma was ’n sny­er van for­maat se­dert sy as 15-ja­ri­ge on­der ’n kle­re­ma­ker-oom van haar ’n vak­leer­ling­skap ge­loop het. As jong mens het sy ge­droom van ’n loop­baan as kle­re­maak­ster, maar toe sy 20 was, is sy aan ’n boer van die Kat­hu­dis­trik af­ge­trou. Toe dié drie jaar la­ter sterf, het haar skoon­ma haar van die plaas af ge­jaag. Sy is daar weg met ’n tas en haar twee dog­ter­tjies (die jong­ste van hul­le was my ma) en het 20 myl ge­stap tot op Da­ni­ëls­kuil waar sy werk ge­kry het by die Jood­se kle­re­ma­ker.

Sy het Ou­pa se oog ge­vang wyl sy op ’n perd met die Eeu­fees­vie­rin­ge van die Groot Trek ge­ry het. Hul­le was da­de­lik ver­lief en het ge­trou. Stryk­deur hul­le lang ge­deel­de le­we het sy kle­re ge­maak, selfs kerk­pak­ke met voe­ring vir hom, en an­der kle­re vir e­ni­ge kind wat in daar­die sta­di­um by hul­le ge­woon het.

Ou­pa was die twee­de oud­ste seun en het nie sy pa se plaas ge­ërf nie; ook nie die reg om te gaan stu­deer nie – dít was ook ge­re­ser­veer vir die oud­ste.

My groot­ou­ers se le­we was swaar, soms on­moont­lik swaar, maar hul­le re­spek en lief­de vir die aar­de was diep, al het daar­die lief­de dik­wels eer­der soos ’n vre­des­oor­een­koms of wa­pen­stil­stand ge­lyk. Hul­le ver­hou­ding met die aar­de en sy e­le­men­te – ver­naam die grond, wind, son en wa­ter – is ge­bei­tel uit hul­le to­ta­le af­hank­lik­heid daar­van, en het van dank­baar­heid en moe­de­loos­heid na­by ver­wan­te ge­maak.

Hul­le het al­bei ’n soort bo­mens­li­ke krag ge­had wat ont­staan het uit hul­le stoe­re en on­ver­bid­de­li­ke on­der­druk­king van ’n ys­li­ke drang om weg te loop en nooit weer te­rug te kyk nie. Ek is oor­tuig daar­van dat hier­die drang deur bloed en os­mo­se aan my oor­ge­dra is en as ’n on­ver­sa­dig­ba­re wan­der­lust in my na vo­re ge­kom het.

Ons het tal­le va­kan­sies op Ou­pa en Ou­ma se plaas deur­ge­bring. Dit was ’n dag se ry met my pa se Ford Tau­nus van ons huis in Kru­ger­dorp af. As ons in die win­ter voor don­ker an­der­kant wou aan­kom, moes ons reeds drie­uur die og­gend (die op­win­ding!) ver­trek.

Vir stads­ja­pies soos ons was die plaas se gat­toi­let en nag­pot­te on­der die bed be­koor­lik – ook die pa­raf­fien­lam­pe, hou­ten-steen­kool-Do­ver­stoof én die stryk­ys­ters wat eers op die stoof ver­hit moes word.

Dit al­les het by­ge­dra tot die at­mos­feer van ’n wa­re plaas­va­kan­sie. Vir Ou­pa en Ou­ma was dié din­ge eg­ter ’n las, en toe E­s­kom­krag kom, was dit ’n ver­lig­ting vir hul­le om mo­der­ne toerusting te in­stal­leer en daar­mee saam spoel­toi­let­te in te rig.

Hul­le naas­te bu­re was oom Chris en sy sus­ter tan­nie Pie­tie (haar pa het ge­hoop sy’s ’n seun­tjie...). Hul­le huis was pre­sies ’n myl ver weg oor die klip­pe­ri­ge vlak­te en jy kon dit dui­de­lik sien van die stoep van Ou­pa en Ou­ma se klein, vier­kan­ti­ge klip­huis af.

As kind het ek soms pad­langs ge­stap na tan­nie Pie­tie-hul­le se huis. Ek sou draal en stop om ’n mis­krui­er of tok­tok­kie dop te hou. Die vreem­de Ka­la­ha­ri-plan­te het my ge­boei en ek sou plat gaan sit om die fyn blom­me­tjies van ’n stok­ke­ri­ge stuk plant – wat an­der­syds ge­lyk het of dit maak as­of dit dood is – te be­stu­deer.

Be­hal­we die wan­de­lin­ge na tan­nie Pie­tie se voor­tref­li­ke soet­koe­kies (Ou­ma het nie sul­ke fyn koe­kies ge­bak nie – hul­le ver­dwyn te vin­nig uit die blik) het ek ook el­ders op die plaas gaan stap. Soms het ek die kloof ge­volg tot heel bo, waar ve­ny­ni­ge wil­de bye Ou­pa een­keer ag­ter­na ge­sit het tot in die plaas­dam toe hy hul­le heu­ning uit hul­le korf wou haal. Hy was dae lank moe­rig, maar as ou­der­ling het hy op sy tong ge­byt en die “groot woor­de” in­ge­sluk.

Dit was ’n be­son­der­se kloof waar­deur stro­ke o­ker­rooi, bruin en goud­geel rots – be­kend as tier­oog – ge­strek het. ’n Paar hon­derd me­ter van die kloof af, op grond wat Ou­pa eens ver­huur het aan ’n myn­maat­skap­py, was ’n ver­la­te as­be­s­myn. Die grys­blou hoop uit­skot­gruis was in kon­tras met die geel, rooi en bruin van die an­der rots wat jy op die op­per­vlak kon sien. Ou­pa het var­ke in kam­pies op die ou myn­per­seel aan­ge­hou en die vleis as ek­stra in­kom­ste ver­koop.

As jong kind en la­ter tie­ner het ek ge­reeld daar gaan rond­stap. Ek sou net ná ont­byt be­gin loop met ’n bot­tel wa­ter, kou­e­vleis en dro­ë­vrug­te in my sak – en soms eers ná son­on­der te­rug by die huis wees. My broer of ’n neef of nig­gie het soms saam­ge­stap, maar hul­le sou ge­woon­lik om­draai so­dra hul­le ver­veeld raak en eer­der op hul­le bou­de teen die ou myn­hoop gaan af­gly (bui­te sig van die groot­men­se – ons is ver­bied om na­by die myn­skag te speel).

Nie­mand het ooit ge­vra waar ek was nie. Ek was ’n skaam kind en die groot­men­se was nooit bang dat ek iets on­ver­ant­woor­de­liks sou doen nie. Daar was ook eint­lik min wat my kon oor­kom, hoe­wel ek soms ’n rink­hals of geel­slang te­ë­ge­kom het. In sul­ke ge­val­le sou ek bot­stil gaan staan en dan sta­dig te­rug in my spo­re trap – óf op my hur­ke sak en die slang dop­hou as hy nie ’n drei­gen­de hou­ding ge­had het nie.

Ek was lief vir die plaas en sy tuin. Al was dit op die oog af dor, kon Ou­pa van diep on­der­gronds wa­ter uit die boor­gat pomp. Hier­mee is die groen­te­tuin en vrug­te­boord ge­voed wat aan die op­stal ’n sin van won­der­baar­li­ke oor­vloed ver­leen het. Nooit in my le­we het ek weer lek­ker­der wor­tels as húl­le s’n ge­ëet nie. Ou­ma se pri­eel waar­teen ha­ne­poot ge­rank het, was won­der­lik. Sy het ook die op­was­wa­ter ge­bruik en daar­mee, hier in die woes­tyn, fyn teero­se laat blom.

Ek was lief vir die ka­ri­ge, do­ring­ag­ti­ge plan­te­groei in die veld waar on­tel­ba­re soor­te gras, strui­ke en vet­plan­te oor­leef het. Ek het ge­dy in hier­die skyn­baar grens­lo­se ver­la­ten­heid.

’n Jaar na­dat Ou­pa en Ou­ma Kim­ber­ley toe moes trek so­dat hul­le na­by dok­ters kon wees, het ons weer die plaas be­soek om te kyk hoe dit gaan. In daar­die een, kort jaar het die groen­te­tuin ver­dwyn, die ro­se ge­kwyn en die boord het ge­lyk as­of dit al ’n de­ka­de ver­waar­loos staan. Veer­tig jaar se bloed­sweet in die rooi aar­de was ná skaars twaalf maan­de on­ge­daan deur die son, wind en sand.

Dit is tóé dat ek die eer­ste keer werk­lik be­sef wat­ter daag­lik­se stryd van oor­le­wing dit vir Ou­pa en Ou­ma moet ge­wees het: Om op hier­die plek nie net ’n le­we te kom maak nie, maar ook ge­noeg te kon hê om met an­der te deel.

‘Ek was lief vir die ka­ri­ge, do­ring­ag­ti­ge plan­te­groei in die veld waar on­tel­ba­re

soor­te gras, strui­ke en vet­plan­te oor­leef het. Ek het ge­dy in hier­die skyn­baar grens­lo­se ver­la­ten­heid.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.