DORP VAN DIE MAAND

Bot­ri­vier is skaars ’n uur se ry uit Kaap­stad. Dus net reg vir ’n laat­ont­byt of ’n lui­lek­ker Son­dag­mid­dag­e­te op die plat­te­land. En op dié O­ver­berg­se dor­pie vloei die ge­sels en die wyn ewe lek­ker.

Weg! - - Inhoud - WOOR­DE EN FO­TO’S JAC K­RIT­ZIN­GER

Kom eet ’n laat­ont­byt, ry berg­fiets of drink ’n lek­ker wyn­tjie op Bot­ri­vier – dis skaars ’n uur se ry van Kaap­stad af!

‘ Laat ek jou ver­tel hoe dit hier werk,” ge­sels Ma­re­li­ze Swart, be­stuur­der van die Bot­ri­vier Ho­tel, waar ons in die da­mes­kroeg met ’n kop­pie kof­fie sit. “Dis ’n piep­klein plek­kie, men­se dink hier gaan bog­ghe­rol aan as hul­le hier deur­ry. Dan sien hul­le hier’s le­we op die ho­tel se stoep. Dan ont­moet hul­le die lo­cals. En dan,” knip­oog sy, “koop hul­le grond hier.” Daar’s in­der­daad niks bot aan dié dor­pie nie. Bot­ri­vier kry sy naam van die oor­spronk­li­ke Bot­ter­ri­vier wat hier­langs loop, so ge­doop in toe­ka se dae deur Hol­land­se set­laars wat bot­ter ge­ruil het by die K­hoi­vee­boe­re.

Van­dag lê die dor­pie en slui­mer tus­sen die las­lap­pies ca­no­la­lan­de­rye en win­ger­de wat so eie aan die Overberg is. En hy’s ryk aan hart­li­ke ka­rak­ters. Ryk en lek­ker.

Ma­re­li­ze se ou­ers het die ge­skied­kun­di­ge ho­tel, wat uit die laat 1800’s da­teer, in 1971 ge­koop; en die af­ge­lo­pe ses jaar staan sy aan die s­tuur.

“Die men­se maak die dorp spe­si­aal. En die ho­tel is die plek waar al­mal saam kui­er,” sê sy. “Ou lo­cals, in­kom­mers, be­soe­kers, die lot.”

So word daar ge­reeld bring-en-braais ge­re­ël as groot rug­by ge­speel word, en Vry­dag­mid­dae word pa­sel­la eet­goed op die ho­tel­stoep uit­ge­pak vir klan­te.

“My ma-hul­le het die Vry­dag­ding be­gin so­dat die dis­trik se boe­re aan die ein­de van die week kon saam kui­er,” ver­tel Ma­re­li­ze. “Dis tra­di­sie.” >

Die ho­tel is die kern van die dorp. As jy Bot­ri­vier in­ry op die R43 (dit word Bot­ri­vier se Hoof­weg), kry jy die ou dorps­plein aan jou lin­ker­kant. Die plein lê in­ge­wig tus­sen die sta­sie en die hoof­straat en is dees­dae ’n par­keer­ter­rein. Die ho­tel be­slaan die gan­se lin­ker­flank van die plein, met slegs ’n slag­huis, ka­fee, eet­plek en ko­ö­pe­ra­sie aan die bo­kant, en ’n klein vul­sta­sie regs. En dis dit. Vir al­les an­ders moet ’n mens ry.

“Ons is skaars ’n half­uur weg van al die groot dor­pe in die om­ge­wing,” ge­sels T­hea S­wa­ne­poel in haar huis in die hoof­straat. “Baie men­se dink Bot­ri­vier is in die mid­del van nê­rens, maar ons is na­by aan al­les. Her­ma­nus, Ca­le­don én Gra­bouw sit skaars der­tig ki­lo’s ver.” T­hea en haar man, John­ny, het se­we jaar ge­le­de uit Rand­burg hier aan­ge­land. Sy be­stuur ’n paar oor­nag­plek­ke op die dorp, en is ook ’n lid van die Bot­ri­vier Bel­les, ’n plaas­li­ke vrou­e­klub wat hul­le be­y­wer met on­der meer die op­hef­fing van die ar­mer ge­meen­skap. En hul­le kui­er ge­reeld.

“Ek sal nou nie sê ons skin­der nie, maar ons drink lek­ker saam tee,” ver­tel sy vroom.

Bot­ri­vier se sta­sie het al be­ter dae ge­ken; ek vra uit oor die trein wat ek dou­voor­dag deur die dorp hoor ram­mel het. “Dis die goe­de­re­trein wat gars uit die dis­trik na die Kaap se brou­e­rye ver­voer,” ver­tel T­hea. “Dis nog net hy wat hier loop.” Daar was et­li­ke ja­re ge­le­de wél ’n ou stoom­lo­ko­mo­tief wat ple­sier­rit­te hier­langs aan­ge­bied het. Die ys­li­ke wa­ter­tenk wat die lo­ko­mo­tief se pens moes vol­maak, is eg­ter in 2011 ge­steel, en toe is dit ge­staak.

“Maar ag, ons kla nie. Jy het die rus­tig­heid van ’n klein ge­meen­skap, son­der om af­ge­sny te voel. En die om­ge­wing het baie om te bied.”

Se­la.

Kyk, jy kan heel­dag met ’n pot tee of iets ster­kers vas­haak op die ho­tel stoep, maar ver­ken die kon­trei. Bot­ri­vier het im­mers ’n veel meer ver­fyn­de vog­gie wat deur sy are vloei: dis stok­ou, spog­ge­ri­ge wyn­wê­reld die, met die eer­ste win­gerd­stok­ke wat reeds in die 1700’s aan­ge­plant is. Hier­langs ken die man­ne van toor met die druif, en hul­le doen din­ge ’n bie­tjie an­ders.

“Hier’s net ’n paar wyn­pla­se met kel­ders in die dis­trik,” ge­sels Do­no­van Ac­ker­mann, die wyn­ma­ker van Ga­bri­ëls­kloof net bui­te die dorp. “Die fo­kus is eer­der op kwa­li­teit as kwan­ti­teit. An­ders as in groot wyn­stre­ke wed­y­wer die ou­ens ook nie met me­kaar nie, al­mal is pêl­le en werk saam om Bot­ri­vier se puik wy­ne as ’n brand te ves­tig.” Die Bot Ri­ver Wi­ne­g­ro­wers As­so­ci­a­ti­on (BWA) ver­ga­der ge­reeld om plan­ne te maak vir die be­mar­king van die streek – wat steeds in die ska­du van die meer be­ken­de Her­ma­nus-wyn­roe­te staan. En so hard as wat daar saam ge­werk word, so hard word daar ge­speel.

Do­no­van ver­tel van die jaar­lik­se Bar­rels and Be­ards-fees wat net ná oes­tyd ein­de A­pril ge­hou word. Die sto­rie ag­ter die sto­rie loop so: In oes­en pars­tyd is die man­ne el­ke jaar só be­sig dat daar skaars tyd is vir ’n be­hoor­li­ke nag se slaap, wat nog te sê skeer! ’n Paar jaar ge­le­de het hul­le be­sluit om van baard­kweek ’n kom­pe­ti­sie te maak, wat dan ein­dig met ’n baard­be­oor­de­ling op die Sa­ter­dag­aand van die fees. Die jaar se bloed­jong oes word dan ook uit die va­te ge­proe.

“Dit,” sê Do­no­van ter­wyl hy ver­lan­gend die ver­te in kyk, “is nou ’n moer­se lek­ker paar­tie.”

Jy kan som­mer van die ho­tel af stap na die oud­ste plaas in die dis­trik. Beau­mont Fa­mi­ly Wi­nes se in­gang is in die hoof­straat net voor

die trein­spoor, ’n ha­ne­tree van die ho­tel af. Die wyn­plaas was in die 18de eeu die Compag­nies D­rift-plaas, ’n han­dels­pos vir die Ve­ree­nig­de Oos-In­die­se Kom­pan­jie. Dit huis­ves die land se oud­ste wa­ter­meul wat nog werk.

“Ek het met ’n wyn­boer ge­trou so­dat ek heel­tyd goeie wyn kan drink,” skerts Na­dia Beau­mont, be­mar­kings­be­stuur­der van die plaas, ter­wyl sy my rond­wys. Ons stap ver­by groen gras­per­ke, lo­wer­ry­ke bo­me en ’n dam waar­in die Groen­land­berg weer­kaats. Nét die plek vir af­saal met ’n gla­sie op ’n so­mer­mid­dag. Ek vra uit oor die meul: Ja, sê Na­dia, hy’s by die 250 jaar oud, en hul­le ge­bruik hom nou en dan om meel te maal. Daar­van word be­skuit ge­bak wat by die proe­lo­kaal te koop is.

“Die plaas het ’n ou­tyd­se, rus­tic ge­voel, en ons wil dit so hou. Beau­mont is ’n fa­mi­lie­plaas, en ons is trots op die fa­mi­lie-at­mos­feer hier. En na­tuur­lik ons wyn!”

Sy noem dat dit soms jo­lig kan raak by die ho­tel, en dat be­soe­kers eer­der die sa­lig­heid hier on­der die bo­me ver­kies. “Jong, it ta­kes all sorts. Ons het die na­tuur, goeie men­se, goeie wyn en goeie kos. Al­les ’n uur van die Kaap af.”

As jy an­der­kant die trein­spoor op die Van der S­tel­pas af­draai, ’n mooi stuk grond­pad wat tot op Vil­liers­dorp loop, kom jy ag­ter dat dit nie nét op die ho­tel­stoep wild kan raak nie. So­wat 5 km bui­te die dorp sit Cor­nell­skop, ’n wild­plaas van 140 ha. Hier woon die ei­e­naar, Lu­ke Cor­nell, vre­dig saam met leeus, jag­lui­perds, rooi­kat­te, se­bras, e­lan­de... noem maar op.

Die uit­hang­bord teen die pad lees vreemd: Cor­nell S­kop. “Dis som­mer woord­spel,” ver­dui­de­lik Lu­ke met die in­trap­slag. “’n S­kop kan ’n paar­tie be­te­ken, of ek s­kop jou in jou glo­ry in.” Dan lag hy, s­teek ’n breë, bruin­ge­bran­de palm uit. “Hoe­zit, pêl. Wel­kom.”

Lu­ke is ’n aard­se siel en woon reeds 12 jaar hier. Hy is ook ’n le­gen­de in die Kaap­se film­be­dryf: Hy is die e­nig­ste han­teer­der in die WesKaap wat met wil­de (of­te­wel ge­vaar­li­ke) die­re op film­stel­le mag werk. Baie van sy die­re het al in TV-ad­ver­ten­sies vir on­der meer Fi­res­to­ne, Jeep, Cad­bu­ry en Du­lux ver­skyn.

“Ek’s bit­ter­lief vir die­re; dis my kruis,” sê hy. Lu­ke het by­na al die wild hier van jag­pla­se en slag­pa­le oor die ja­re ge­red, al was die plan nie om hul­le vir sy werk te ge­bruik nie. En met die film­be­dryf wat on­langs in die Kaap be­gin kwyn het, moes Lu­ke hom wend tot eko-toe­ris­me om sy vier­voet­vrien­de te on­der­hou. Nou staan Cor­nell­skop se hek­ke oop vir be­soe­kers so­dat men­se die wil­de we­sies van na­der kan leer ken. Die groot trek­pleis­ter is die jag­lui­perds Zu­lu en Sar­ge. Hier is ook twee ys­li­ke leeu­man­ne­tjies, Mo­jo en Mo­by, wat op ’n vei­li­ge af­stand be­kyk kan word.

“As daai boys brul, dan hoor jy dit tot in die dorp,” grin­nik Lu­ke waar ons op ’n hoog­te staan en uit­kyk oor die val­lei. “Ek weet eg­ter nie hoe lank ek nog die plek aan die gang sal kan hou nie,” sê hy dan met ’n diep keep tus­sen die oë. “Maar ek sal aan­hou doen wat ek kan. Ek is nou hier ge­an­ker. Bot­ri­vier is ’n rus­ti­ge plek; ek sal dit vir niks ver­ruil nie.”

Rus­tig, ja, dink ek toe ek laat­mid­dag weer my sit op die ho­tel­stoep kry. Die Ga­bri­ëls­kloof­kar­does met die drie bot­tels wyn klin­gel ge­rus­stel­lend wan­neer ek dit op die ta­fel neer­sit.

Ek skink ’n gla­sie che­nin en hou dit teen die son. Mis­kien sal ek die win­gerd prys, skiet Van Wyk Louw se vers­re­ël my skie­lik te bin­ne. ’n Mens kan nie an­ders as om ’n gla­sie te klink op Bot­ri­vier nie: Die wyn is lek­ker, die men­se plat op die aar­de én jy kan ’n maan­haar sien. >

SOOS ’N PRENTJIE. Van die Ar­can­ge­li­wyn­plaas af, reg langs die N2 op pad na Ca­le­don, kry ’n mens vroeg­og­gend ’n mooi uit­sig oor die dorp en om­lig­gen­de val­lei.

BOT­RI­VIER HO­TEL

STA­TIG. Bot­ri­vier se klein NG ker­kie is reeds by­na ’n eeu oud en is deur die ja­re net­jies en ge­trou aan die oor­spronk­li­ke ont­werp in stand ge­hou.

JANDRÉ TEMMERS K­we­ke­ry-as­sis­tent, Fi­o­re “Ek het ag­ter ’n mei­sie aan Bot­ri­vier toe ge­trek; ek het ’n bie­tjie ge­suk­kel om aan so ’n klein plek­kie ge­woond te raak. Maar ek het ook rus­tig­heid kom soek, en dit hier ge­kry.”

SKOU­ER AAN DIE WIEL. Teen lig­dag reeds is Wil­de­krans se wer­kers reg om aan die werk te spring.

ABIGAIL MAYHEW Bak­ster, Fi­o­re “Dis ’n lek­ker dor­pie en die ge­meen­skap is klein. Maar die men­se kan soms so on­no­dig raak; al­mal weet van jou doen en la­te. Dit maak dit eg­ter lek­ker op sy eie ma­nier.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.