Met my eie oë

Weg! - - Inhoud -

Dis De­sem­ber 2016, en ons is op pad na Verneukpan. K­nie­hoog­te Ka­roo­bos­sies strek van ho­ri­son tot ho­ri­son. Hoe na­der ons eg­ter aan ons be­stem­ming kom, hoe meer sien jy grond en hoe min­der sien jy plan­te. Dis droog.

Links van my, ver op die vlak­te, sien ek ’n dwar­rel­wind. En dan nog een. Ek word sta­dig­aan be­wus van iets wat in die at­mos­feer ver­an­der. Die ho­ri­son aan my kant is baie blou­er as die een an­der kant. Daar is ’n don­der­storm aan die broei, en ek neem ’n paar fo­to’s met my Ni­kon D7000 en Ni­kon 18-140 mm-lens

. Dis nie al­dag dat dit in die Ka­roo re­ën nie, wat nog te sê Verneukpan!

Ek het nog nooit so baie dwar­rel­win­de ge­sien nie. Ons hou la­ter op met tel. Dis as­of hul­le pro­beer weg­hard­loop van die s­torm af, want weer­lig soek die hoog­ste punt en op hier­die vlak­tes, waar ons die en­ke­le bo­me al lank­al ag­ter­ge­los het, is dwar­rel­win­de die hoog­ste punt.

Dis laat­mid­dag wan­neer ons op Verneukpan aan­kom. Ons en die s­torm kom ge­lyk by die laas­te hek aan. Al wat dwar­rel­wind is, word deur die wind­storm ver­swelg. Bui­te die laas­te hek is die grond wit .

Ons staan op die kurk­droë pan en kyk hoe die eer­ste drup­pels val. Ek wil voel hoe die pan voel wan­neer die drup­pels daar­op val. Ek gaan lê op die grond en groot, koel drup­pels val op my droë vel. On­der my word Verneukpan se vel al glad­der.

Dit be­gin har­der re­ën. Soos ’n ver­hoog­gor­dyn skuif die re­ën oor die pan en met­eens is ons in ’n spro­kie van klank en kleur, reuk en sen­sa­sie. Die kin­ders dans in die re­ën, op net die rit­me van die s­torm .

Die s­torm trek oor ons, maar op Verneukpan kan ons hom nog lank volg. Links van die kamp­plek sak die son o­ran­je, pers, pienk, rooi. Regs is die blou s­torm be­sig om ver­by te trek. Geel stra­le kleur die lug voor ons in – o­ral is re­ën­boë . Ag­ter ons sluip die nag in ’n stuk­kie oop lug na­der – ’n paar ster­re is reeds sig­baar... Ons is op die mooi­ste oom­blik op die mooi­ste plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.