Brief uit K­har­toem

K­har­toem, die hoof­stad van die Soe­dan, is een van daar­die A­fri­ka­ste­de waar­van ’n mens ge­woon­lik net op die nuus hoor. Co­rin­ne Leu­kes be­skryf ’n ti­pie­se og­gend in dié stad waar sy nou woon en werk.

Weg! - - Inhoud -

‘ Riksjas is be­rug vir hul­le vrees­lo­se be­na­de­ring tot aan­ko­men­de ver­keer. Hul­le dar­tel tus­sen ver­keers­ba­ne soos haas­ti­ge hoen­ders: Slag­ga­te

moet ge­pyp­kan word.’

Dis Son­dag­og­gend in K­har­toem en my week het pas be­gin – soos in baie Mos­lem­lan­de is die werks­week hier van Son­dag tot Don­der­dag. Ek werk hier as En­gel­s­on­der­wy­ser en on­der­wy­ser­op­lei­er. Wan­neer ek my voet uit my woon­stel sit, is die eer­ste tuk-tuk (of rik­sja, soos dit ge­noem word) reeds langs my. “S­baa alk­heer!” (Goei­e­mô­re!) roep die be­stuur­der vrien­de­lik, en ek spring in.

Riksjas is be­rug vir hul­le vrees­lo­se be­na­de­ring tot aan­ko­men­de ver­keer. Hul­le dar­tel tus­sen ver­keers­ba­ne soos haas­ti­ge hoen­ders: Slag­ga­te moet ge­pyp­kan word.

Die sa­ke­kern van die stad – waar my kan­toor ge­leë is – is bui­te per­ke vir riksjas om die ver­keers­las te help ver­lig. Daar­om klim ek af by die vol­gen­de buurt, be­kend as K­har­toem 2. Nou is dit net ’n kort ent se stap kan­toor toe.

Maar eers lei my neus my na ’n vrou wat in die ska­du van ’n boom sit. Sy ver­koop ’n ver­skei­den­heid mel­ke­ri­ge tee­soor­te, maar ek’s op soek na dit wat ek reeds op ’n af­stand ge­ruik het: klein o­lie­bol­le wat “za­la­biya” ge­noem word. Dié word be­sprin­kel met sui­ker, het ’n har­de kor­sie en is sag in die mid­del – heer­lik!

Vir 10 Soe­dan­ne­se pond (so­wat R7) koop ek ge­noeg vir my kol­le­gas. Dit kom neer op 10 za­la­biya, maar om­dat ek reeds ’n ge­reel­de klant is, kry ek ’n paar pa­sel­la.

Op kan­toor aan­ge­kom, deel ek die za­la­biya uit. Dan ont­moet ek ons mo­tor­be­stuur­der, Ali. Hy moet my na Om­dur­man neem, waar ek van­og­gend gaan klas­gee. Ek kry met ’n ef­fen­se ge­suk­kel die deur van sy ge­troue wit Gi­ad (’n se­dan wat plaas­lik ver­vaar­dig word) oop en klim in.

Dis on­moont­lik om oor K­har­toem te praat son­der om die Nyl­ri­vier te noem. Daar’s eint­lik twee Nyl­ri­vie­re, want K­har­toem is ge­bou by die sa­me­vloei­ing van die Wit- en Blounyl. Hier­van­daan vloei hul­le as een ri­vier noord na E­gip­te.

Die mees­te men­se woon óf in Bahri óf in Om­dur­man, maar werk in K­har­toem. Die brûe oor die Blou- en Wit­nyl ver­bind die woon­buur­te met die sa­ke­kern, wat ver­oor­saak dat die ver­keer soms op die brûe op­dam. Ge­luk­kig het ek vir Ali, wat die ver­keer met ti­pie­se K­har­toem­se en­toe­si­as­me ta­kel. Ek kan dus te­rug­sit en die uit­sig oor die ri­vier ge­niet.

Na af­loop van my klas tel Ali my weer op en ons ry langs die­self­de roe­te te­rug kan­toor toe. Ie­wers was ’n on­ge­luk wat die ver­keer op­hou. Dis ’n goeie tyd vir my om my Ara­bie­se fra­ses te oe­fen. “As­ma’a!” sê ek trots, en wys na die ver­keers­knoop. Ali skud sy kop. Ek klink vaag­weg soos ’n Jor­da­ni­ër as ek Ara­bies pro­beer praat, ver­dui­de­lik hy. (Ek het voor­heen in Jor­da­nië ge­werk.) “Zah­mat,” kor­ri­geer Ali. Dís wat die Soe­dan­ne­se sul­ke ver­keer noem. Dan help ek hom weer met sy En­gels. Ons oe­fen nut­ti­ge fra­ses soos: “Sign he­re, ple­a­se.”

Die brug waar­op ons ge­strand sit, is die Re­vo­lu­ti­o­na­ry B­rid­ge. Dis in die ko­lo­ni­a­le ja­re in In­dië ge­bou en stuks­ge­wys deur die B­rit­te hier­heen ver­skeep. ’n Paar rei­er­tjies vlieg ver­by om die kon­tras tus­sen die vreed­sa­me ri­vier en die ge­roe­se­moes van die stads­ver­keer te vol­tooi.

In die ver­te, op die oe­wer van die Wit­nyl, kan ek ’n groep mans op lae stoel­tjies om ’n ta­fel­tjie sien sit. Dié groe­pie sê vir my hoe laat dit nou is: elf­uur. Dis tyd vir “fool”, of­te­wel boon­tjies. Boon­tjies is ’n sta­pel­voed­sel in die Soe­dan en word reeds van vroeg­dag af sag ge­kook. Teen elf­uur is dit tyd vir fool en dan ver­ga­der al­mal wat hon­ger is, om ’n ge­meen­skap­li­ke bak bo­ne. Se­sam­o­lie word by­ge­gooi en die bo­ne fyn­ge­maal, som­mer met die on­der­kant van ’n 500 ml-Co­ke­bot­tel. Daar­na word ko­myn, ris­sies, ta­ma­ties, kom­kom­mer, kaas of har­de­ge­kook­te ei­er by­ge­voeg. Jy eet dit met vars brood.

Wan­neer ek weer op kan­toor kom, is van my kol­le­gas ook be­sig om fool te ge­niet. Hul­le nooi my en ek sit aan – ek het nog twee klas­se van­mid­dag en wil nie vaak word nie; dus eet ek nie te veel nie.

Teen die ein­de van my werks­dag ver­kies ek om die 5 km te­rug woon­stel toe te stap. So­mer­tem­pe­ra­tu­re hier is kon­stant hoog in die veer­tig, en daar­om wag ek ge­woon­lik tot die son sak voor­dat ek weg­spring. Nou kan ek talm waar ek wil, staan en luis­ter na die tip­tol­le en by stal­le­tjies in­loer wat my aan­dag trek. Dis mak­lik om man­go’s, droë hi­bis­kus (dit word as tee ge­drink) en jo­gurt straat­langs koop.

Teen ses­uur is ek by die huis. Nou kan ek my skoe­ne uit­skop, ’n vrug­te­maal­tyd be­rei en my voor­be­rei­ding vir die vol­gen­de dag be­gin doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.