Die men­se langs die pad

Vir die sto­rie oor die Kru­ger se bos­veld­kam­pe in Weg se Ju­lie-uit­ga­we het Es­ma Mar­ne­wick ge­sels met Chris­to K­nox, be­stuur­der van die S­hi­mu­wi­ni-bos­veld­kamp. Hy is oor­le­de ter­wyl dié uit­ga­we op die rak was.

Weg! - - Pierre Sê -

Een van die bes­te din­ge daar­van om ’n reis­joer­na­lis te wees is die men­se wat jy op jou pad ont­moet.

Dis al­tyd lek­ker om nu­we men­se te ont­moet, en par­ty van hul­le laat ’n bly­wen­de in­druk. Jy’ t be­groot om net ’n kwar­tier te ge­sels, want jy moet tien an­der din­ge doen, maar as jy jou weer kom kry, is dit ure la­ter en jul­le ge­sels steeds! Chris­to K­nox was so ’n mens: vrien­de­lik, gees­drif­tig oor die le­we en ’n men­se-mens.

Hy het op­ge­won­de ver­tel oor sy groot­word­ja­re in die wild­tuin, die trou­es en ge­sel­lig­he­de wat hul­le in die bos­veld­kamp hou en die o­li­fan­te, leeus en lui­perds wat gas­te sien.

Te­rug op kan­toor het ek per e-pos vir hom nog ’n paar vrae ge­stuur. Ek was se­ker hy sou da­de­lik ant­woord en ek was ver­baas toe ek twee we­ke la­ter nog nie van hom ge­hoor het nie. Ek s­tuur toe weer ’n e-pos en hoor weer niks nie. Toe ek die kan­toor bel, sê ’n kol­le­ga hy is siek. Ek vra dat hul­le my laat weet wan­neer ek hom kan bel.

’n Paar dae la­ter ver­skyn ’n on­be­ken­de nom­mer op my sel­foon. Dis Fran­ci, Chris­to se vrou: Chris­to het fa­se 4-limf­klier­kan­ker en kry el­ke der­de week che­mo­te­ra­pie. Hy is nou wak­ker en hul­le sal saam-saam pro­beer om die vrae te be­ant­woord. Ek kan my ore nie glo nie. Chris­to is 47 jaar oud. Ek het twee maan­de ge­le­de met ’n ge­son­de mens ge­praat.

Ek en Fran­ci hou kon­tak. Sy laat weet my el­ke nou en dan hoe din­ge gaan.

Op Vry­dag 20 Ju­lie kry ek ’n W­hat­sApp-bood­skap: Chris­to het se­re­bra­le ma­la­ria op­ge­doen en saam met die che­mo was al­les te veel. Hy is die vo­ri­ge dag oor­le­de.

Sy vra of ek die fo­to’s vir haar kan s­tuur wat ek van hom ge­neem het vir die ar­ti­kel. Ek won­der vir ’n oom­blik of dit die laas­te fo­to’s was wat ie­mand van hom ge­neem het.

Ek s­tuur dit saam met die stem­op­na­me van ons on­der­houd waar­in hy praat oor haar en hul­le twee seuns, en hoe hul­le ont­moe­ting ’n be­stie­ring van Bo was.

’n Mens be­sef op­nuut dat in die reis van die le­we jy el­ke oom­blik moet ge­niet saam met die­ge­ne op jou pad, want dis dalk die laas­te keer wat jy hul­le sien.

Dan­kie vir die ge­sels, Chris­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.