Baklei tot die ein­de!

Weg! - - Vooraf -

Ons het by die Tier­kop-wa­ter­gat langs die la­er dui­ne­pad in die K­gala­ga­di-oor­grens­park ge­sit. Twee se­kre­ta­ris­vo­ëls het ’n ent­jie weg in die gras mid­dag­e­te ge­soek.

Skie­lik spring die een met ’n boog deur die lug, sy po­te kap en hy pik vir ’n va­le – dis net ’n ge­flad­der van vler­ke waar jy kyk! Met die ge­spook vang die se­kre­ta­ris­vo­ël ’n slang van 1,5 m, wat lyk soos ‘n Kaap­se ko­bra... na­der­hand word die slang kop eer­ste in­ge­sluk.

Die slang het nog le­we in hom, en die stert wrie­mel aan­hou­dend as­of hy aan iets wil an­ker. Met nog so hal­we me­ter oor, kry die slang sy stert om die se­kre­ta­ris­vo­ël se nek ge­draai. Toe be­gin die ge­veg weer met me­ning.

Met die twee­de draai van die slang se stert om sy nek spook die vo­ël vir ’n va­le. Daar word ver­geefs ge­spring, ge­skop en ge­byt. Die ar­me vo­ël stei­er in die gras en staan kop on­der­ste­bo. Die ge­stoei raak al hoe sta­di­ger van die vo­ël se kant af, ter­wyl dit blyk dat die slang se greep ver­sterk. Die vo­ël het se­ker nog 10 mi­nu­te ge­stoei voor die slang sy greep ver­slap het en die stert­punt in die keel­gat af ver­dwyn het! Ta het bra ver­lig ge­lyk ná die pe­tal­je.

LYNETTE ROEST, So­mer­set-Wes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.